-deur Will Maule

8 Julie

Duisende jong, vurige Jesus-volgelinge het ’n stadion net buite Atlanta volgepak vir ’n konferensie wat deur Jentzen Franklin se Free Chapel Church aangebied is.

Die “Forward Conference” was daarop gemik om die jeugdige Christene aan te spoor om oral in die wêreld ’n verskil te gaan maak.

“Wanneer studente meer as net reëls en regulasies gegee word en die geleentheid kry om werklik ’n verskil in die wêreld te maak, is my ervaring dat hulle dit telkens aangryp,” het Franklin aan Fox News gesê.

’n Paar liefdadigheidsorganisasies het ’n geleentheid gekry om van die verhoog af met die jongmense te praat. Die studente het vrygewig skenkings gemaak aan New Beginnings, ’n bediening wat mishandelde vroue in Atlanta help.

Die jongmense het ook skenkings gemaak aan die Dream Center, ’n Christelike groep wat behoeftiges oral in Amerika bystaan.

Die Dream Center streef daarna om “gebroke mense te verbind met ’n gemeenskap van ondersteuning deur gratis hulpbronne en dienste aan te bied, wat onmiddellike en langtermynbehoeftes betreffende armoede, verslawing en mishandeling help oplos,” sê die organisasie se webtuiste.

Carl Lentz van Hillsong NYC en DawnChere Wilkerson van VOUS Church was twee van die vername Christen-leiers wat by die geleentheid gepreek het.

Volgens Forward Conference se webtuiste is die organisasie toegewyd om die studente te “onderrig, toe te rus en te bemagtig” om hul grootste potensiaal uit te leef en te groei in hul verhouding met Christus.

Hoe wonderlik om so baie jongmense te sien wat alles aan Jesus oorgegee het!

Foto: Forward Conference (Skermskoot)


Bron: faithwire.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.