Bron: cip.nl

Die verskerpte wet op aborsies het onlangs in Pole amptelik in werking getree. Die Poolse regering het dit vroeër vandeesweek in ’n verklaring aangekondig. Aborsie sal nou slegs in Pole toegelaat word as daar verkragting of bloedskande betrokke was of wanneer die moeder se lewe in gevaar is. Mense het die strate ingevaar om hierteen te betoog.

’n Paar maande gelede het die konstitusionele hof in Pole beslis dat aborsie slegs in uitsonderlike gevalle toelaatbaar sal wees. Vandeesweek het die regering aangekondig dat hierdie hofbeslissing amptelik bekragtig sal word. Dit het baie onrus in Pole veroorsaak.

Nie almal stem saam met hierdie besluit nie. Honderde betogers is na die gebou van die Warskou-hof om daar te betoog. Slagspreuke soos “Dit is nou oorlog” is gebruik. Reënboogvlae is ook gewaai.

Toe die hof in Oktober sy uitspraak gelewer het, was daar ook hewige betogings in Pole.

Dit lyk egter asof die Poolse konserwatiewe regering nie onder druk van binne of buite die land gaan swig nie. Hierdie week is aangekondig dat die besluit amptelik as ’n wet ingestel sal word.

In die oorwegend Rooms-Katolieke land is die meerderheid mense teen aborsie gekant.


2 Februarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.