-deur Zamira Rahim

Bron: independent.co.uk

Foto: Duisende mense hou ’n betoging in Stormont (PA)

9 September 2019

Duisende mense het betoog teen die verandering van Noord-Ierland se streng aborsiewette.

Die betogers het by Stormont, die Noord-Ierse parlementsgebou vergader. Hulle het vir ses minute met geboë hoofde en liggies in hulle hande in stilte voor die gebou se hek gestaan om die ses provinsies in Noord-Ierland te verteenwoordig.

In Julie het LP’s in Westminster ’n wet aanvaar wat na verwagting toegang tot aborsie in die land baie makliker sal maak.

In Noord-Ierland is aborsie tans slegs wettig onder sekere uitsonderlike omstandighede, soos byvoorbeeld indien die moeder se lewe in gedrang is.

Die organiseerders van die geleentheid het gesê meer as 20 000 mense het die betoging bygewoon, terwyl ander bronne beweer dat daar ongeveer 4 000 mense aan die betoging deelgeneem het.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.