Bronne: christianpost.com en cip.nl

29 November 2019

’n Christelike drukkery in Alabama, Amerika, het geweier om die nuutste uitgawe van ’n studentetydskrif te druk. Die tydskrif Due South, wat in oorleg met die Universiteit van Suid-Alabama voorberei word, het fopdossers en LGBT-studente se verhale gepubliseer, berig Christian Post.

Volgens die berig in die Christian Post het die uitgawe ook artikels bevat wat fokus op godsdiens-, rasse-, en gestremedheidskwessies.

’n Verteenwoordiger van Interstate Printing het in ’n e-pos aan Sarah Boone, die hoofredakteur van Due South gesê: “Net soos hierdie tydskrif [Due South] die vryheid van verskillende lewenstyle weerspieël, maak ons gebruik van ​​ons vryheid om drukwerk te weier op grond van die inhoud wat nie ooreenstem met dít waarvoor ons as ’n Christelike maatskappy staan ​​nie.”

Boone het gesê dat die tydskrif in die toekoms na ’n ander drukkery sal gaan.

Daar was oor die afgelope paar jaar talle hofsake in Amerika waar besigheidseienaars aangekla is omdat hulle geweier het om hulle dienste of produkte te lewer omdat hulle voel dit sou gay huwelike of homoseksualiteit goedkeur.

Die artikel in die Christian Post (christianpost.com) berig oor Barronelle Stutzman, ’n bloemiste in Washington wat reeds ses jaar lank in ’n regsgeding betrokke is omdat sy geweier het om blomme te reël vir die troue van een van haar gay kliënte.

“Godsdienstige mense moet vry wees om hul oortuigings oor die huwelik uit te leef. Maar state soos Washington bied daardie vryheid slegs aan mense wat die huwelik van dieselfde geslag ondersteun terwyl hulle Barronelle en ander soos sy van daardie vryheid ontneem,” lui die petisie aan die hoë hof deur die Alliance Defending Freedom.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.