Deur: dr. Pearl Kupe
Bron: Eksklusiewe JUIG! Persverklaring

Voorvadersdag

Baie van ons in Suid-Afrika is bewus daarvan dat daar gepoog gaan word om die nasie op Saterdag 8 Mei 2021 aan voorvadergeeste toe te wy. Sekere leiers in Suid-Afrika sal saamtrek om offers en “reinigingsrituele” uit te voer om bose geeste af te weer en die siele van voorouers tevrede te stel.

Die byeenkoms sal die aand van Vrydag 7 Mei begin wanneer ’n os geslag en aan die voorvaders geoffer sal word. Op 8 Mei sal dieselfde leiers poog om die dag aan die voorvaders op te dra. ’n Oproep is gedoen om hierdie dag as Voorvadersdag te verklaar.

Psalm 24:1 verklaar dat die aarde en sy inwoners aan die Here behoort. Die hele wêreld en alles wat daarin is, behoort aan God, nie aan die voorvaders nie, insluitend Suid-Afrika.

Aangesien daar gepoog word om 8 Mei as Voorvadersdag te gedenk, nooi ons alle seuns en dogters van God uit om op Vrydag 7 Mei 2021 om 10:00 tot 11:00 vir een uur lank saam met ons te bid en ons nasie aan die Here toe te wy.

KLIK HIER om die gebedspunte te kry sodat jy by ons kan aansluit in jou huis of waar jy ook al gaan bid.

Klik hier om op JOY News meer te lees oor wat voovaderaanbidding is en in watter vorme dit internasionaal voorkom asook wat die verskil tussen eerbied vir ons voorvaders is en voorvaderaanbidding.

Oproep tot aksie!

Daar is ’n aantal gebedsinisiatiewe wat begin is, waarvan die meeste op Saterdag, 8 Mei sal bid. Maar die offers en aktiwiteite wat verband hou met die aanbidding van die voorvaders, sal egter reeds op Vrydag 7 Mei begin met die slag van ’n os. Dit is waarom ons op Vrydag 7 Mei 2021 sal bid van 10:00-11:00. Dit is van kritieke belang dat daar betyds gebid moet word.

Lees die pamflet hier onder met die besonderhede oor die gebedsbyeenkoms wat op Vrydag 7 Mei 2021 in die Moreleta-kerk van 10:00-11:00 gehou word:

Kyk asseblief na die video wat jy met jou kontakte kan deel of in jou privaat byeenkoms kan bid:

Daar moet ’n verandering van denkwyse plaasvind en moet ons die nasie leer en opvoed oor voorvadergeeste, die aanbidding van die voorvaders en wat die implikasies daarvan vir die land en sy burgers is!

Dr. Pearl Kupe is ‘n prokureur en internasionale konsultant vir wêreldleiers en internasionale organisasies. Sy is die internasionale president van die Global Forum for Women Entrepreneurs (www.gfwe.co.za ). Stuur ’n e-pos aan pearl.kupe@gmail.com of besoek www.pearlkupe.co.za


6 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.