Deur: Harvesters Ministries
Artikelbron: www.harvestersministries.com

Daar is ’n krisis in Suid-Afrika wat nog nooit tevore gesien is nie. Te midde van ’n ernstige derde COVID-vlaag het die nasie in ongeloof toegekyk hoe dorpe en stede geplunder en vernietig is.

Die verwoesting lyk soos die iets uit ’n distopiese rolprent. Op sommige plekke in KwaZulu-Natal en Gauteng is die hoofstraatondernemings en -winkels almal weg. Skole en fabrieke, pakhuise en kritieke infrastruktuur lê in puin – gestroop en vernietig, en in sommige gevalle afgebrand.

Volgens die jongste skattings is meer as 200 winkelsentrums geplunder, asook duisende winkels, klinieke, apteke, stoorplekke en honderde vragmotors. Voorsieningskanale het in duie gestort en die komende honger gaan sake net vererger.

Meer as honderd plunderaars het hul lewens verloor, hetsy in die stormlope of is geskiet toe daar gepoog is om eiendom te probeer beskerm.


Kierran Allen Photography

Die uitwerking van hierdie krisis gaan nog lank gevoel word. Sommige van die kleiner dorpies het geen oorblywende winkels nie en daar is geen voorsieningsketting om selfs in die mees basiese behoeftes te voorsien nie. Al die kitsbanke is geplunder en vernietig. Daar is nêrens om brood te koop, medikasie te kry of selfs dokter toe te gaan nie.

Gelowiges moet egter ’n gesonde perspektief handhaaf. Let wel, dit is waarskynlik minder as 1% van die bevolking wat aktief aan hierdie plundering deelgeneem het, maar 100% sal geraak word. Selfs in die provinsies waar daar geen geweld was nie, is daar reeds ’n tekort aan brandstof en is mense bang. Nou is juis die aangewese tyd vir die Kerk om toe te tree en ’n verskil te maak, Harvesters Ministries inkluis.


Kierran Allen Photography

Kierran Allen Photography

Die kerke wat ons geplant het, ons hoofleiers en selfs sommige van ons gelisensieerde opleiers, sal erg geraak word. Afhangend van waar hulle woon, is daar eenvoudig geen kos beskikbaar nie. Geen mediese diens nie, min sekuriteit. Namate hulle eie lede die impak begin voel, sal daar geen inkomste wees nie. Sonder brandstof sal hulle nie kan reis nie. Die pandemie het reeds hul kerke gesluit. Dit is nou die tyd om te help.

Harvesters het die projek, Harvesters Hands of Hope – South Africa, van stapel gestuur. Jou skenking sal die lewens van leraars en medegelowiges red. Ons kan nie die enorme taak opneem om almal te help nie, maar ons kan ’n verskil maak in die lewens van dié wat die Evangelie verkondig. Mense het die Here dringend nodig en ons het hulp nodig om dié te help wat die lig in hierdie diep duisternis te laat skyn.

Die probleem sal nog ’n geruime tyd voortduur en Harvesters het jou ondersteuning nodig in die vorm van gebed en skenkings. Help ons om ons broers en susters te help. Bid vir ons terwyl ons maniere ondersoek om diegene te help wat dit dringend nodig het.

Foto: Skermskoot van Harvesters Hands of Hope-video


22 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.