Deur: ICEJ

Ons beplan om ’n versoekskrif op Vrydag 11 Junie aan die presidentskantoor te oorhandig. Gaan asseblief voort om hierdie versoekskrif te deel sodat ons die 142 000 handtekeninge kan verhoog tot 150 000 handtekeninge.

Baie dankie aan elkeen wat voortaan om hoofregter Mogoeng Mogoeng en sy reg tot sy geloofsoortuigings te ondersteun.

Verlede jaar in Junie het die hoofregter sy Bybelse steun aan Israel bekend gemaak en Suid-Afrikaners aangemoedig om vir die vrede van Jerusalem te bid.

Ondanks die aanvalle op hom, het hy nie van sy standpunt afgesien nie; selfs nadat die Regterlike Gedragskommissie teen hom bevind het toe anti-Israelgroepe ‘n klagte teen hom ingedien het.

Die hoofregter het geweier om verskoning te vra en het teen die bevinding van die kommissie geappelleer. Die verhoor vir die appèl vind vandag, op Vrydag 11 Junie, plaas.

Dit is nou die tyd om te bid en die hoofregter te ondersteun. Ons vra jou hulp. Kan jy asseblief die volgende doen:

  • Gaan voort om hierdie petisie te vdeel sodat ons die 142 000 handtekeninge kan verhoog tot 150 000 handtekeninge.
  • Bid asseblief vir die hoofregter by enige bidure, kerkdienste, gebedsbyeenkomste of Israel-ondersteuningsgroepe waarby jy betrokke is.
  • Neem ’n foto van jou groep of skryf ’n boodskap van ondersteuning en deel dit op sosiale media Twitter, Facebook, Instagram, WhatsApp onder die hashtag #HandsOffChiefJustice #Bid virJerusalem

Ons moet saamstaan ​​en ons stem dik maak teen teen hierdie aanval op persoonlike godsdiensvryheid.

Volg hierdie skakel om die petisie te onderteken: www.change.org

Foto: Hoofregter Mogoeng Mogoeng Bid in die parlement. Gallo Images / Brenton Geach


11 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.