Bron: Kerk in Nood

Drie manne in die stad, Karaj, in Iran is op 22 Augustus tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis weens “propaganda teen die staat:” nadat hulle hul van Islam tot die Christendom bekeer het. Die vonnis is later in appèl tot drie jaar verminder, skryf Kerk in Nood.

Volgens Artikel 18, ’n groep in Londen wat hulle bearbei vir godsdiensvryheid in Iran, is die drie bekeerlinge – Milad Goudarzi, Ameen Khaki en Alireza Nourmohammadi – skuldig bevind aan die verspreiding van propaganda teen die staat en deelname aan “afwykende opvoedkundige aktiwiteite wat strydig is met Islam.”

Hulle is tydens die eerste vonnis in Junie ook ’n boete van bykans R 21 500 elk opgelê en op borgtog van bykans R 129 100 vrygelaat. Hulle moet hulself die komende ses maande minstens een keer per week by die owerhede aanmeld.

In November 2020 het veiligheidsmagte op hul huise toegeslaan en beslag gelê op persoonlike items, waaronder rekenaars, selfone en godsdienstige boeke. Aan die einde van die verhoor het die speurders die persoonlike besittings teruggegee, maar nie die Christelike literatuur nie.

Volgens die Iranse wet is evangelisasie, sendingwerk en bekering tot die Christendom oortredings wat tot minste tien jaar gevangenisstraf kan lei. Dit is onwettig om Christelike lektuur in Persies te versprei.

Hoewel die misdaad van “afvalligheid” amptelik in 1994 afgeskaf is – die laaste teregstelling vir hierdie misdaad was in 1990 – kan howe mense steeds vonnis wanneer hulle die Moslem-geloof verlaat.


8 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.