Bron: cbn.com

Dr. James Dobson, die stigter van Focus on the Family, het onlangs in ’n artikel van cbn.com kommentaar gelewer oor die noodsaaklikheid van gesonde huwelike en gesinne “Ons leef in ‘n tyd waarin die instelling van die huwelik voortdurend aangeval word deur magte wat dit wil vernietig … en kinders is weinig meer as bates wat verdeel of toegewys moet word, en nie kosbare siele wat verdien om liefgehê, begelei en beskerm te word nie,” begin hy die artikel.

Hy bevestig dat die idee vir ’n gesin reeds by die tuin van Eden begin het toe ons Skepper dit minstens 5 000 jaar gelede betekenis en definisie gegee het. Ongelukkig is hierdie bousteen van alle samelewings onder ‘n meedoënlose aanslag deur linkse groepe met een doel voor oë om dit te uit te wis.

“Die instelling van die gesin is een van die wonderlikste en blywende geskenke van die Skepper aan die mensdom. Dit is aan Adam en Eva geopenbaar en dan kortliks beskryf in Genesis 2:24, waar ons lees: “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle sal een vlees word.” Met hierdie woorde het God die ordening van die huwelik tussen man en vrou aangekondig lank voordat Hy die gesag van die regering ingestel het,” skryf hy.

Hy brei uit oor wetenskaplike bewyse van meer as 10 000 navorsingstudies wat tot die gevolgtrekking gekom dat kinders die beste vaar as hulle deur ’n liefdevolle en toegewyde ma en pa in ’n gesin grootgemaak word. Hulle is minder geneig om dwelms te gebruik, swak te vaar op skool, selfdood te pleeg en tienerswangerskappe is minder onder hierdie groep kinders.

Volgens dr. Dobson probeer ons moderne kultuur om gesinne en huwelike af te breek deur die media, deur die seksuele revolusie en selfs deur wetgewing en beleid.

“Huwelik en monogamie word bespot in musiek, televisieprogramme en rolprente. Dié wat enige skyn van seksuele sedelikheid voorstaan, word belaglik gemaak of as ‘outyds’ en ‘preuts’ afgemaak,” sê hy.

Die vraag is: Waarom word die huwelik aangeval? Waarom word die gesin geteiken? Dr. Dobson se antwoord is insiggewend. “Miskien omdat die huwelik die idee versterk wat deur die teenstanders daarvan bestempel as die ‘mite’ van menslike seksualiteit – die idee dat God mans en vroue uniek geskape het. Hierdie sogenaamde progressiewe aktiviste beskou geslag as ‘n ‘sosiale skepping’ en die huwelik as ‘n eng en verouderde beperking op seksuele verhoudings, ouerskap en ideologie. As ‘manlik’ en ‘vroulik’ betekenisloos is, is die huwelik ook.”

Lees die volledige berig by cbn.com

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


12 Oktober 2020

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.