Bron:  keela.co.za

Die Amerikaanse pastoor en outeur van topverkopers, Louie Giglio, se nuutste boek, Don’t Give the Enemy a Seat at Your Table, sal op 1 Augustus in winkels in Sud-Afrika beskikbaar wees.

Die titel van die boek is gebaseer op nege woorde wat Giglio in ’n  teksboodskap van ’n vriend ontvang het. Dit het Giglio se lewe verander gedurende een van die moeilikste seisoene wat hy en sy vrou Shelley as leiers beleef het.

“Die vyand is voortdurend besig om jou gedagtes met vernietigende en skadelike gedagtes te vul — of dit nou vrees, bekommernis, onsekerheid, angs, versoeking of afguns is. Dit is te maklik vir die vyand om jou te manipuleer vir ’n sitplek aan die tafel wat eintlik net vir jou en Jesus bedoel is. Hy probeer om homself tuis te maak in jou gedagtes. Dit is ‘n voortdurende stryd, maar een wat jy kan wen!” sê Giglio.

Psalm 23:5 sê: ” U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders.” Giglio bied bemoediging en hoop aan lesers deur Bybelse insig , gebaseer op hierdie skrif. Hy bied ook praktiese maniere hoe om die leuens van die vyand te oorkom en eerder vrede en veiligheid in enige uitdagende omstandighede of situasie te vind.

“Jou gedagtes hoef nie met jou oploop te gaan nie. Jy hoef nie die vyand toe te laat om jou denke te beïnvloed nie. In Jesus Christus het jy die gesag om in beheer van jou gedagtes en emosies te wees. Jesus nooi jou na ’n tafel wat Hy vir jou voorberei het – ‘n tafel waar die vyand nie welkom is nie, “ sluit Giglio af.

Don’t Give the Enemy a Seat at Your Table sal op 1 Augustus 2021 in toonaangewende boekwinkel s, asook aanlyn by CUM Books beskikbaar wees.  Besoek www.rightnowmedia.co.za en za.rightnowmediaatwork.org vir meer hulpbronne van Louie Giglio wat gepas is vir die kerk en die werkplek.

Foto: keela.co.za


19 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.