Bron: harbingersdaily.com

Twitter het die Spaanse parlementslid, Francisco Contreras , 12 uur lank geskors omdat hy gesê het dat mans nie swanger kan raak nie. Contreras se twiet was in reaksie op ’n nuusberig oor die geval van ’n ”swanger man” wat geboorte geskenk het aan “sy” kind.

Die gewraakte twiet het bloot gesê: “Dit is ’n leuen. ’n Man kan nie swanger raak nie. ’n Man het nie ’n baarmoeder of eierstokke nie.” Tydens Contreras se skorsing het Mario Noya, ’n Spaanse joernalis en skrywer van die boek, Why I stopped being on the left, sy minagting getwiet oor die skielike sensuur van Contreras, wat aan Vox, die konserwatiewe party van Spanje, behoort.

“For this they have suspended the account of representative @fjconpe @Twitter STINKS.”

Contreras het aan LifeSiteNews gesê hy is nie die eerste konserwatiewe Spaanse politikus wat geskors is nie. Trouens, ander Vox-partylede is ook deur Twitter geskors.

Die Spaanse publikasie, Counting Stars, het gemeld dat Twitter nie net openlike dreigemente teenoor Vox-partylede op sy platform geïgnoreer het nie, maar dat die hele Vox-rekening tydens ‘n verkiesingseisoen gesensureer is omdat hulle bloot hoë misdaadsyfers onder onwettige immigrante minderjarige immigrante uit die Moslem-Magreb-streek in Noordwes-Afrika op sosiale media geplaas het. Die statistieke is uit openbare polisiebronne bekom.

Contreras op baie steun op Twitter ontvang van mense wat die skorsing verregaande vind. Volgens die parlementariër het ondersteuners die hutsmerk #AManCannotBePregnant geskep.

“Ons sal nie toegee aan Twitter wat ’n verdraaide (en antropologiese verkeerde) wêreldbeskouing probeer afdwing nie,” het Contreras aan LifeSite gesê. “Ons sal aanhou om die waarheid oor die menslike natuur te praat. Biologiese waarheid moet nie as “haatspraak” beskou word nie. Dit is biologie, niediskriminasie nie.”

Foto slegs ter illustrasie


1 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.