Bron: Artikel verskaf
Alle lidmate, kerkraadslede en predikante van die NG Kerk is welkom om met die Kairos Netwerk saam te kom gesels oor die pad vorentoe vir die NG Kerk.
Die konferensie oor hierdie belangrike aangeleentheid sal Vrydag 16 April 2021 van 09:00 tot 13:00 by die NG-moedergemeente Bethal plaasvind.
Indien u die konferensie wil bywoon moet u asseblief bevestig deur vir Anelda voor 10 April 2021 tussen 08:00 en 13:00 by 017 640 0239 te skakel . (Sy kan ook gekontak word by 082 669 0333 tot en met 17:00; of stuur ‘n epos na kerkkantoor@ngcharlcilliers.co.za
Getalle word benodig omdat daar koffie en ‘n ligte middagete bedien gaan word.
U kan ook deur middel van Microsoft Teams deelneem as u nie in persoon kan bywoon nie.
Wanneer u voor 10 April bevestig, moet u aandui of u in persoon wil bywoon of deur middel van Microsoft Teams.
Indien u nie teen 10 April 2021 geregistreer het nie sal u nie toegelaat word nie.
Die Moreleta Kairos Netwerk (MKN) is gestig as ’n platform om NG Kerklidmate, -leraars en -gemeentes wat dieselfde dink en voel bymekaar te bring.
Besoek gerus hulle webtuiste waar belangstellendes meer inligting oor die netwerk kan bekom: www.moreletakairos.net en volg hulle op Facebook facebook.com/www.kairosnetwerk.net
6 April 2021
Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.
VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Home