Deur: Gerda Potgieter | FEBA Suid-Afrika
Bron: Artikel verskaf

Die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne bied geleenthede vir die verspreiding van die Evangelie en die getuienisse wat ons ontvang, laat die hart warm klop. Inna, ‘n uitsaaier van die Far East Broadcasting Corporation (FEBC), het gesê dat ‘n bomontploffing in die dorp Zhmerynka ‘n groot mate van stres vir een van die luisteraars veroorsaak het, wat haar genoop het om die radiostasie te bel vir hulp. Inna het toe die meisie ontmoet om haar te vertroos en moed in te praat; sy het die geleentheid gebruik om die meisie van Jesus Christus te vertel. Inna gebruik elke geleentheid om luisteraars persoonlik te ontmoet. Voor die oorlog het luisteraars gereeld FEBC se evangelisasiesentrum in Kiëf besoek wat dit vir uitsaaiers maklik gemaak het om met luisteraars kontak te maak, maar Inna het nie toegelaat dat dit haar verhoed om ook uit te reik nie.

FEBC Internasionaal het in 2012 begin om die Evangelie in die Oekraïne te versprei deur sy radio- en aanlyndienste. Ondanks die oorlog gaan FEBC Oekraïne voort om opbouende en inspirerende inhoud in vyf streke uit te saai en die span is bereid om hulle lewens in gevaar te stel om voort te gaan en hulle gehore te bedien. Stasies reg oor die land is vasgevang in die huidige oorlog en twee is in Luhansk en Slavyansk vernietig. Gelukkig kon die span herstelwerk aan die stasie in Slavyansk doen.

Die burger se hoop op ‘n beter lewe is skraal en daar is oral wanhoop te bespeur. Die terugvoer wat FEBA Suid-Afrika van die FEBC-radiostasies ontvang, spreek van wanhoop en ‘n diep verlange na vrede. Mense vind ’n veilige hawe in ondergrondse skuilings in die stede, kinders is per bus na veiligheid geneem en duisende gesinne is uitmekaar geskeur. Die grootste taak van die FEBC-radiostasies in die Oekraïne is om luisteraars aan te moedig en te verseker dat God hulle nie verlaat het nie – veral nie in die donkerste uur nie. Dit blyk op sosiale media-platforms dat Suid-Afrikaners (en ander) reeds oral gebedsgroepe gevorm het om vir beide Rusland en die Oekraïne te bid. FEBA SA stuur ook gereeld per SMS gebedsversoeke aan sy ondersteuners en skenkers uit.

Die konflik tussen die twee lande het ‘n lang en komplekse geskiedenis wat nie in ‘n enkele artikel verduidelik kan word nie. Om die voortslepende konflik wat uiteindelik tot die huidige oorlog gelei het te probeer verstaan, moet ’n mens eers na die geografie kyk. Ná Rusland is die Oekraïne die tweede grootste land in Europa. Wat ligging betref, is die land tussen Rusland en die Europese unie (EU) geleë. Die stand van sake word ook in die land se taal weerspieël; ongeveer die helfte van die gemeenskap praat Russies en die ander helfte Oekraïens. Dit het ‘n skeiding tussen burgers geskep.

Die verdeeldheid is nie net duidelik waarneembaar op kulturele vlak nie, maar ook op die gebied van geloof en lojaliteit aan Rusland, eerder as aan die Oekraïne. Hierdie verdeelde lojaliteit wek nie net konflik tussen inwoners nie, maar het ook ‘n belangrike rol gespeel in die huidige situasie waar Rusland die Oekraïne vir die tweede keer die afgelope dekade binnegeval het. En terwyl wêreldleiers politiek speel, ly mense weens vervolging, haat, verwonding en wanhoop in traumatiese omstandighede.

Die Oekraïne was meer as 75 jaar lank deel van Kommunisme. ‘n Groot persentasie van die bevolking is ateïste, met ‘n klein persentasie Ortodokse Christene. Die Oekraïne bestaan ​​uit 92 etniese groepe en 38 van hulle word as “onbereik” beskou. Teen hierdie agtergrond saai FEBC die Goeie Nuus aan luisteraars uit en bid vir die mense se bekering tot Jesus Christus en bid vir ‘n vrye, onafhanklike en Godvresende land.


21 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org