Geskryf deur: Barnabas Fund
Artikelbron: barnabasfund.org

Die ontvoerde Christen-skoolmeisie, Leah Sharibu, het ’n tweede kind in die wêreld gebring terwyl sy gevange gehou word deur die Islamitiese terreurgroep, Boko Haram.

Volgens berigte in Nigerië het Leah, wat reeds langer as drie jaar gevange gehou word, die kind teen die einde van 2020 gehad.

In Januarie 2020 is berig dat Leah haar eerste kind gehad het nadat sy met ’n Boko Haram-bevelvoerder in die huwelik gedwing is.

Leah se ontvoerders se siening is dat sy Islam aangeneem het omdat ’n vrou in volgens die Islamitiese geloof outomaties haar man se geloof aanneem. (Daarom is dit in Islam verbode vir ‘n Moslemvrou om met ’n man te trou wat nie ‘n ’n Moslem is nie)

Emmanuel Ogebe, sameroeper van die US-Nigeria Law Group, het gesê dat die nuus oor ‘n tweede kind van ’n betroubare bron kom.

Leah, was 14 en die enigste Christen onder die 110 skoolmeisies wat in Februarie 2018 uit die Government Girls’ Science and Technical College in Dapchi, Yobe State, ontvoer is.

Die terreurgroep het geweier om Leah die volgende maand saam met die ander ontvoerde meisies vry te laat omdat sy geweier het om van haar geloof afstand te doen en Islam aan te neem.

Boko Haram is bekend daarvoor dat hy Christelike gemeenskappe en kerke, die Nigeriese regering en gewapende magte, en skole en kolleges in die Westerse styl teiken – ongeag of hulle Christene of Moslems is. Sedert 2015 is minstens 8 400 Christene in Nigerië dood weens Boko Haram se ekstreme geweld.

Foto: Leah Sharibu se moeder, Rebecca Sharibu, met ’n foto van haar dogter.


31 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.