Deur: Rob Hutchinson, voorsitter van DearSA
Bron: Artikel verskaf

Die departement van gesondheid beskou openbare teenkanting van die departement se nuwe magte as “aanhitsing van terrorisme”

In die kwessie van teenkanting teen die voorgestelde wysigings aan die Gesondheidswet het e-posse het aan die lig gekom wat onthul wat amptenare van teenstanders dink.

Antiprogressief”, “aanhitsing van terrorisme”, “sabotasie” en “dit noop die regering om hulpbronne te mors” – dit is hoe groepe wat teen die regering se voorgestelde gesondheidsregulasies gekant is, uitgekryt word in interne e-posse wat in die departement van gesondheid die rondtes doen.

Die e-posse is ontdek tydens ‘n hofproses wat deur die groep vir publieke deelname, DearSA, van stapel gestuur is. Die groep het meer as 300 000 voorleggings met kommentaar van Suid-Afrikaners ontvang oor die voorgestelde wysigings aan gesondheidsregulasies wat die staat sal bewapen met ongekende magte om toekomstige uitbrekings van “aanmeldbare siektes” soos bv. geelkoors, pokke en Covid te bekamp.

Ingevolge die voorgestelde regulasies beplan die regering om groot magte aan homself toe te ken om met geweld te toets vir aanmeldbare siektes, regulasies oor die dra van maskers op te lê en Suid-Afrikaners met geweld in kwarantyn te plaas in opdrag van ‘n dokter, verpleegster of wetstoepasser.

Teenkanting

Van die meer as 300 000 mense se kommentaar op hierdie regulasies wat DearSA ontvang het, was 95% teen die wysigings gekant.

Vier groepe wat volgens amptenare besig is met ‘sabotasie, aanhitsing van chaos of terrorisme teen die staat’, word volgens die ontdekte e-posse genoem.

“Hierdie groepe is antiprogressief en dwing net die regering om hulpbronne te mors en deur dieselfde antwoorde of voorleggings te gaan,” lui een e-pos.

Die vier groepe wat genoem word, is na bewering AfriForum, DearSA, Liberty Fighters Network en Action 4 Freedom, wat almal in ‘n regstryd met die regering oor die gesondheidsregulasies gewikkel is.

DearSA het op 9 Mei dokumente by die Noord-Gautengse hooggeregshof ingedien om die regering te verbied om gesondheidsregulasies in te stel sonder openbare kommentaar. Dit was nadat die regering die tydperk vir openbare kommentaar oor die konsepgesondheidsregulasies tot 5 Julie verleng het, maar terselfdertyd sekere regulasies ingevolge die nasionale Gesondheidswet permanent gemaak het.

Dit is hierdie laasgenoemde stap wat DearSA gemotiveer het om die hof inderhaas te nader vir ‘n interdik, aangesien die regering die stap geneem het sonder enige openbare kommentaar.

Dit was in die proses om dokumente in daardie hofsaak te bestudeer dat die departementele e-posse aan die lig gekom het.

‘Skelm minderheid’

“Hierdie e-posse verteenwoordig duidelik die sienings van ‘n klein skelm minderheid binne die departement van gesondheid, aangesien ons baie goeie verhoudings met die parlement het vanweë die werk wat ons doen om die publiek by die wetgewende proses te betrek, soos deur die Grondwet vereis word,” sê DearSA se Rob Hutchinson.

Hierdie e-posse i… behoort elke Suid-Afrikaner te skok.”

Hutchinson sê die e-posse toon “‘n vlak van minagting vir die publiek en ‘n algehele verontagsaming van die grondwetlike verpligting op die regering om openbare deelname te bevorder en na die publiek se sienings te luister”.

Nêrens in hierdie e-posse blyk dit daar enige begrip is van die wetlike verpligtinge op die departement en sy personeel nie en dit lyk ook nie asof daar enige erkenning is vir wie hulle werk nie. Dit mag wees dat die regulasies nodig is, maar dit is ’n besluit wat Suid-Afrikaners moet neem, nie onverkiesde burokrate nie.”

Selfs meer kommerwekkend …

Miskien selfs meer kommerwekkend is nog ‘n onthulling in die e-posse, wat verduidelik hoe die departement van gesondheid eenvoudig honderdduisende opmerkings afgewys het omdat hulle nie “spesifiek genoeg” is nie.

Ek moedig jou aan om die volledige artikel, wat op Moneyweb beskikbaar is, hier te lees.


21 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org