-deur Amanda Casanova

Bron: christianheadlines.com

19 Junie 2020

Volgens ’n nuwe meningspeiling het die meeste kerke in Amerika nog nie teruggekeer na die gewone kerkdienste met lidmate wat fisies na die kerk toe kom nie. Baie mense is ook onseker oor die toekoms van aanbiddingsbyeenkomste by kerke.

Die opname is deur die Wheaton Billy Graham Centre se Send Institute, Exponential en die Association of Related Churches gedoen. Sowat 767 respondente se antwoorde is vir die meningspeiling gedokumenteer.

Die peiling het getoon dat die meeste kerke die potensiaal het om weer fisies byeen te kom, maar dat 67% van hulle dit nog nie gedoen het nie.

Gesondheid en veiligheid belangriker
“Sommige kerkleiers verduidelik dat, hoewel hulle nou toegelaat word om in die een of ander hoedanigheid byeen te kom, die gesondheid en veiligheid van hul gemeente en gemeenskap vir hulle belangriker is as om te vergader,” lui die studie. “Ander mense het gesê dat beperkings op gemeentesang, huiwerige bedieningsvrywilligers en die onvermoë om voor en ná dienste saam te kuier, die waarde van die fisiese byeenkomste aansienlik verminder.”

Net 33% van kerke kom fisies byeen
Ongeveer 33% van die predikante het gesê dat hul kerke fisies byeenkom, maar dat slegs die helfte van die gemeente die dienste bywoon.

Soos verwag kan word, het 80% van die groot kerke, wat voor die inperking ’n bywoningsgetal van meer as 1 000 gehad het, gesê dat hulle nog nie vergader nie.

Volgens nog ’n belangrike bevinding, sal die helfte van die kerke waarskynlik vandeesmaand terugkeer na fisiese byeenkomste, maar ongeveer ’n derde het gesê dat hulle nie seker is nie.

Nog nie sinvol om terug te keer nie
Volgens die opname het een predikant gesê “dit is nie sinvol vir kerkleierskap om eredienste vir slegs ’n klein persentasie van hul gemeentes te hou nie en dít, terwyl hulle dalk die aantal koronavirusgevalle in hul gemeenskap kan laat toeneem. Hulle beplan om dit van maand tot maand te evalueer en intussen hulle virtuele kontak met hul gemeentes te verbeter.”

Die verslag het tot die slotsom gekom dat “kerkleiers versigtig is om weer fisiese byeenkomste by die kerk te hou. Baie voorsorgmaatreëls moet word getref om gesondheid en veiligheid vir kerklede en die gemeenskap te verseker. ”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.