21 Mei 2019

Operation Mobelisation (OM) se bedieningsskip, die Logos Hope is op soek na vrywilligers as bemanning om vanjaar en volgende jaar verskillende poste te vul.

Daar word in September ten minste 110 mense benodig wat by die skip kan aansluit. Die Logos Hope reis wêreldwyd om kennis, hulp en hoop met ander te deel, sê Deborah Ngobeni, OM Suid-Afrika se kommunikasiespanleier.

Van die poste wat gevul moet word, is:

Hoofkok 1

Assistentkok 1

Onderwyser 1

Verpleegkundige 1

Loodgieter 1

Skrynwerkers 2

Elektrisiën 1

Sweiser 1

Oudiovisuele tegnikuste 2

IT lede 2

Multimediavervaardiger 1

 

Internasionale bemanningslede op Logos Hope.

“Logos Hope doen in ’n jaar by verskeie hawens aan. Vir die duur van die jaar sal die skip by hawens in Suid-Amerika aandoen. As jy by die bemanning wil aansluit, besoek die OM-webwerf en vul die aansoekvorm aanlyn in. Die Logos Hope-bemanning het die opsie om aan een van twee programme, ’n korttermynprogram (drie tot vier maande) of ’n langtermynprogram (een tot twee of meer jaar) deel te neem,” sê Ngobeni.

“Die mees algemene misverstand is dat dit baie duur is om deel van die bemanning te word. Dit kos ongeveer R4 500 per maand. As jy by die bemanning wil aansluit, bid asseblief daaroor,” sê sy.

Sy het gesê die skip het ook die volgende bemanningslede nodig vir Januarie 2020:

Kok 1

Onderwysers 2

Verpleegkundige 1

Akkommodasie instandhoudingsingenieur 1

Sweiser 1

Elektrisiëns 2

Oudiovisuele tegnikus 1

IT 1

Kommunikasiebestuurder 1

Joernalis 1

Mediaprodusent 1

Fotograaf 1

Grafiese ontwerper 1

As jy belangstel om ’n vrywilliger te wees, klik hier omships.org meer uit te vind en vul die aansoekvorm in.


Bron: gatewaynews.co.za

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.