Onderhoud deur: Lourieke Haller

Michele en Ockert Potgieter is 26 jaar gelede as jong paartjie (twee weke ná hulle troue) as sendelinge na die Oekraïne toe. Ockert, wat ’n senior lektor by RAU was, het alles agtergelaat om saam met Michele in Reni, ’n hawedorpie wat aan Moldova grens, ’n gemeente, ’n huis vir wesies, ’n kleuterskool en anti-aborsiekliniek te vestig. JUIG! Tydskrif het in September 2013 ’n artikel oor hulle geplaas. Met die verwoestende oorlog in die Oekraïne het ons weer met Michele kontak gemaak.

Alleen voort met die bediening
Soos talle ander mense wêreldwyd het COVID ook hulle gesin geraak. Toe Michele en Ockert in September 2021 terugkeer na Suid-Afrika om haar sterwende pa te kom groet, het Ockert COVID opgedoen. Hy is twee weke ná Michele se pa oorlede. (Lees haar getuienis op bl. 64.) Tog is sy terug na die Oekraïne waar sy nou voortgaan met hulle bediening.

Die Kerk help vlugtelinge
Rusland het die Oekraïne in Februa-rie binnegeval en skrikwekkende beelde het spoedig gevolg. Maar te midde van die verskrikking en doodslag, skyn die lig van die Kerk helder. Verskeie kerkgroepe en sendingorganisasies bied hulp, verblyf en voedsel aan slagoffers. Michele-hulle se gemeente, Lig vir die wêreld, is ook daar werksaam.

Praktiese hulp en bystand
“Elkeen in die gemeente wat ’n ekstra kamer, bed of bank beskikbaar het, bied huisvesting.” Michele huisves self tans ses vlugtelinge. Ook hulle kleuterskool is omskep in ’n veilige hawe vir die vlugtelinge en die kerk se kampterrein huisves ook mense. “Die getraumatiseerde vlugtelinge stroom in – honger en pootuit. Aan tafel hoor ons die hartseer verhale, hoe die Russe net skiet; selfs op iemand wat bloot ’n brood gaan koop. Wanneer die vlugtelinge ná twee of drie weke na ’n ander land vertrek, huil ons almal, want hulle het familie geword.”

Verhale van vlugtelinge
Die kerk het byvoorbeeld ’n vrou gehelp wat met haar drie kinders (drie,vyf en agt jaar) uit Marioepol gevlug het nadat hulle ’n maand lank in ’n bunker moes skuil. Mense het snags uitgegaan om kos en water te soek, want dit is lewensgevaarlik buite die bunker. Wanneer vlugtelinge weggaan, gee hulle die sleutels van hulle woonplekke vir dié wat agterbly met toestemming dat hulle mag vat net wat hulle wil ás hulle die adres haal. Die vrou en haar kinders het saam met ’n konvooi gery en gesien hoe daar op die motors voor hulle geskiet word. Hulle het net aanhou ry – verby die verskriklike tonele.


Die missiel wat wonderbaarlik nie ontplof het nie

’n Ander vlugteling het vertel dat sy en haar man buite gestaan het toe ’n missiel ontplof. Sy het sewe meter ver deur die lug getrek. Die vloerteëls het oral om hulle gevlieg. Die feit dat hulle niks oorgekom het nie, was ’n wonderwerk! En talle sulke wonderwerke gebeur.

Wonderwerke in die verwoesting
’n Vriend het ’n foto op Instagram geplaas waar hy langs ’n missiel staan wat deur die dak gekom en net bo sy bed tot stilstand gekom het sonder om te ontplof!

’n Vriendin se skoonseun is ’n ateïs en het ’n pragtige huis in Kiev gehad. Hy het aanvanklik besluit om saam met sy ouers agter te bly. Een dag het hulle ’n dringende gevoel gehad dat hulle onmiddellik moet vertrek. Hulle het die kar gepak en gery en was skaars weg, toe daar ’n bom direk op hulle huis val. Hulle was pas oor die brug, toe word dit ook opgeblaas. Hulle het aanhou bid en ry tot hulle veiligheid bereik het. Die “ateïs” het ’n kerk gaan opsoek en op sy knieë neergeval en vir die eerste keer in sy lewe gebid.

Hulp aan ander dorpe
Die kerk neem sop na die grens by Roemenië waar talle van die vlugtelinge in die koue wag om die grens oor te steek. Die gemeente berei ook elke dag ’n groot maaltyd vir die vlugtelinge by die kerk voor en deel dan die kos en ander nodige voorrade uit. Hulle reis na ander dorpies om daar te gaan help. Hulle was onlangs na Nicolai om vir weeskinders daar kos te neem.

Die oesveld is ryp
’n Man uit Marioepol het ’n maand lank van dorp tot dorp geswerf en by Michele-hulle uitgekom. Vlugtelinge soos hy word kerk toe genooi en hy het in een van die dienste tot bekering gekom, sy sonde op ’n stukkie papier neergeskryf en aan die kruis gaan vasspyker. Mense is ontvanklik en vra vir gebed. “Dit is die moeilikste van tye, maar mense soek nou na Christus en roep uit na die Here, want dit is al wat hulle het,” vertel Michele. “Die Kerk se lig skyn helderder as ooit.” Baie van die Oekraïnse Christene verwys na die 1990’s as die “Oekraïnse herlewingsjare” en bid vir nog so ’n herlewing. Oekraïnse sendelinge bid selfs dat God die Oekraïnse Christene wat nou oor die hele Europa versprei, sal gebruik om ’n herlewing in ander dele van die vasteland te weeg te bring.


Sasha is een van die kerk se jongmanne

Waarvoor kan ons bid?
Michele vra dat ons bid vir die beskerming van onskuldiges en dat God Sy hand sal hou oor mense wat Hom aanroep; mense soos Sasha, een van die gemeente se jongmanne wat as kind aangeneem is en nie ander mense wíl doodmaak nie. Bid Psalm 91 oor hulle.

Ondersteuning
Lig vir die wêreld ontvang geen amptelike hulp nie. Vriende in Roemenië en Suid-Afrikaners in Engeland samel geld in en stuur dit na die kerk om die vlugtelinge te help. Elke week lewer ’n bussie uit Roemenië voorraad af sodat die kos uitgedeel kan word. As jy ook Oekraïnse vlugtelinge wil help, het Michele-hulle ’n Standardbank-rekening in Suid-Afrika waarin skenkings inbetaal kan word.


Projekte-rekening
Standard Bank
Tak: 012445
Rekeningnommer: 014330067
Verwysing: Nuwe Dag


25 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org