Bron: Transformation Christian Network

“Tensy ons almal nou opstaan ​​om die politieke waansin van ons tyd aan te spreek, sal daar nie ‘n land oorbly vir die nageslag nie” het Jacob Freemantle, die biskop van die Metodiste Kerk van Suid-Afrika Grahamstown Sinode onlangs in ‘n “Church in the Community”-rubriek geskryf.

Hy is een van die Nelson Mandelabaai –kerkleiers wat toenemend standpunt inneem teen politieke korrupsie.

“Enige gesag wat teister, doodmaak, plunder, steel en op interne wedywering konsentreer terwyl dit oor God se kinders regeer, het min morele gesag,” het Freemantle geskryf.

“Enige kerkleier wat stilbly as die regeringsowerhede doen wat ons tans in Suid-Afrika sien gebeur, is ewe aandadig daaraan. Die Skrif verklaar dat Paulus en ander apostels geweier het om die owerhede se bevel te gehoorsaam om nie meer die Woord van God te verkondig nie – al kon dit hulle dood beteken (Hand. 27-29) ”.

Pastore sien eerstehands die verwoestende gevolge van die versuim om volhoubare werk te skep en van swak dienslewering. “Ons en ons gemeentes ly daagliks onder die dienslewering wat agteruitgaan, die ineenstorting van die infrastruktuur soos water en elektrisiteit, die lae vlak van leierskap in die plaaslike regering, toename in misdade soos moord, mishandeling en vroue en kinders wat vermoor word, sowel as florerende dwelmhandel, ” het hy geskryf.

“Die afgelopre twee weke is drie mense in die strate van die omgewing waar ek werk, vermoor,” het Russell Viljoen, die predikant van die Ebenezer North Community Church in Jacksonville, Port Elizabeth, in ’n ander rubriek geskryf.

Met verwysing na die aanskouers toe hy verby een van die moordtonele ry, skryf hy: “My eerste reaksie was om die gemeenskap te veroordeel vir hul traak-my-nieagtige apatie en haarteloosheid.

“Toe dring dit tot my deur dat hulle in die duisternis is en dat ek, as ’n leraar, veronderstel is om die lig van die wêreld te wees, volgens Matteus 5:14. Dus moet ek die skuld kry vir hul onverskilligheid”.

Al die leiers vra dat daar gevolge moet wees vir die misdade wat gepleeg word.

Neville Goldman, die senior pastoor en uitvoerende hoof van die Gqeberha Ebenezer-sentrum, kritiseer kommissies van ondersoek wat nie tot vervolging en optrede gelei het nie.

“Die groot versuim is duidelik te sien wanneer die regering belastingbetalers se geld aan feite-kommissies spandeer en dan daarvan wegstap sonder dat daar enige gevolge is,” het hy geskryf.

Dit is nie genoeg dat kerkleiers bloot kommentaar lewer nie. Hulle moet meer betrokke raak by die burgerlike samelewing, sê ds. Danie Mouton, die uitvoerende direkteur van die NG Kerk in die Oos-Kaap.

“Nelson Mandelabaai kan sekerlik baat by ’n kollektiewe kerk wat armoede, ongelykheid, duisternis, korrupsie, hebsug, magsmisbruik en swak leierskap aanspreek. Ons het ware vreugde nodig, ‘n florerende ekonomie en volhoubare welvaart vir almal,” het hy in ’n onlangse rubriek geskryf.

Goldman spreek die komende verkiesings direk aan: “As medeburgers van Suid-Afrika moet ons (kerkleiers) leiding gee aan ons kiesafdeling rakende hul stem, selfs in die plaaslike munisipale verkiesing.

“Ons primêre behoeftes as burgers is die uitwissing van armoede, werkloosheid en ongelykheid”.

“Dit is baie belangrik dat kerkleiers hul stem gevind het en weer die leiding neem in die stryd teen onreg,” sê Trevor Jennings, die sameroeper van die Nelson Mandela Bay Church Leader Network, wat die meeste kerkgenootskappe in die Baai verteenwoordig.

“Die Kerk het gesamentlik groot hulpbronne wat gebruik kan word om die euwels van werkloosheid, ’n mislukte onderwysstelsel en honger die hoof te bied. Kerkleiers moet nou die daad by die woord voeg,” sê hy.

Foto slegs ter illustrasie. unsplash.com


19 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.