-deur Donnelly McCleland

Oktober 19

Irak se regering het op Sondag 6 Oktober aangekondig dat meer as 100 betogers en 8 veiligheidsbeamptes dood is en meer as 6 000 beseer is in die ses dae van landswye betogings.

Betogers het geëis dat korrupsie, nepotisme en massawerkloosheid tot ’n einde moet kom en dat die voorsiening van basiese dienste moet verbeter. Die betogings het op 1 Oktober in Bagdad begin, maar het spoedig na ander stede in Irakse uitgebrei. Die veiligheidsmagte is daarvan beskuldig dat hulle gewelddadig op die betogings gereageer het, maar hulle het self ook lewensverliese gely tydens die skermutselinge. Die owerhede het “saboteurs” en ongeïdentifiseerde sluipskutters die skuld gegee dat hulle betogers geteiken het.

Die hoofsaaklik jong, manlike betogers het gesê hulle word nie deur enige politieke of godsdienstige instansie gesteun nie en dat hulle die kantore van ’n wye verskeidenheid politieke partye aangeval het. Regeringsamptenare berig dat meer as vyftig openbare geboue en agt politieke partyhoofkwartiere deur betogers aan die brand gesteek is.

Volgens Time is “die onrus die ernstigste uitdaging wat Irak in die gesig staar, sedert hulle twee jaar gelede die militante vegters van die Islamitiese Staat oorwin het. Die chaos kom ook op ’n kritieke tyd vir die regering, wat vasgevang is te midde van toenemende spanning in die streek tussen Amerika en Iran. Irak is verbonde aan albei lande en huisves duisende Amerikaanse troepe, sowel as sterk paramilitêre magte wat met Iran geassosieer is.”

Irak se eerste minister, Adel Abdul Mahdi, se kabinet het ’n reeks hervormings aangekondig in reaksie op die eise van betogers. Die eerste minister het ook onderneem om die betogers te ontmoet, waar hulle ook al is, om hul eise te aan te hoor, sonder enige gewapende magte teenwoordig. Hy het ook besluit dat dié wat tydens die betogings gedood is, hetsy betogers of veiligheidsmagte, as ‘martelare’ beskou sou word en in aanmerking kom vir staatsvoordeel.

Die Kerk in Irak is een van die oudstes ter wêreld, maar verduur die afgelope paar jaar geweldige druk. Die aartsbiskop van Irbil, eerwaarde Bashar Warda, het gewaarsku dat die Christene van Irak “ná 1 400 jaar van vervolging, uitwissing in die gesig staar”.

Die inval in Irak, onder die leiding van Amerika, wat die regime van Saddam Hussein in 2003 omvergewerp het, het ’n groot uitwerking op die Kerk gehad. Sedertdien het die Christelike gemeenskap met 83% gedaal, van ongeveer 1,5 miljoen tot nét 250 000. Die meeste van hulle het na ander lande gevlug, met minder as 10% wat teruggekeer het of beplan om terug te keer. ’n Gebrek aan sekuriteit en werksgeleenthede is die belangrikste redes waarom hulle nie terugkeer nie.

Bid asseblief saam met ons vir Irak.

Om die ‘Bid vir die Nasies’ PowerPoint af te laai, klik asseblief HIER.
Vir vorige gebedshulpbronne, besoek ons webwerf HIER.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.