Deur: Lourieke Haller

Vroeër vanjaar het JUIG! Tydskrif ’n onderhoud gevoer met Daniel du Toit van Kaapstad, ’n jong evangelis en produk van CfaN wat die nuwe geslag vurige evangeliste verteenwoordig. Tydens daardie onderhoud was Daniel se opregte liefde vir die Here en verlore siele tasbaar.

As 21-jarige is daar reeds meer as 140 kerke in Suid-Afrika en Zambië wat in vennootskap staan met sy bediening, Take the Nations.

Hy en sy span van Take the Nations is tans weer in Zambië in Mkushi (sentraal-Zambië). Tydens die Mkushi Jesus Crusade het Daniel-hulle weer eens beleef hóé honger siele op die Goeie Nuus van die Evangelie reageer en hoe God mense in hulle nood ontmoet.

Toe Daniel op die tweede aand van die evangelieveldtog mense vorentoe nooi om Jesus aan te neem, het die mense na die verhoog toe gehardloop.

“Evangelis Daniel het oor die Bloed van Jesus gepreek. Daar het vanaand soveel wonderwerke en bevryding gebeur. ’n Toordokter het van ’n dorp ver van hier gereis om haar lewe aan Jesus oor te gee!” lui een van die plasings op Facebook.

Met hul derde en laaste aand in Mkushi het duisende mense weer vorentoe gekom om Christus aan te neem! Die Heilige Gees het mense kragtig aangeraak. Baie mense is van demone verlos en wonderwerke het gebeur, onder meer ’n verlamde man wat begin loop het! Afrika word tot eer van God gered!

 “Die mense wat vorentoe gekom het toe ek oor die Bloed van Jesus gepreek het. Ek is sprakeloos!” – Daniel du Toit

Op Facebook het Steven Mwelwa, een van die mense wat die veldtog bygewoon het, die volgende gesê: It was electric. So beautiful. Just hearing the message from Romans 10:13 increased my passion for soul winning. It was beautiful to see so many souls coming to receive Jesus, receiving the gift of salvation. Thank you for coming to Mkushi.”

Gedurende die veldtog is daar ook opleidingsessies vir pastore gehou wat goed deur plaaslike pastore bygewoon is.

Lees gerus Daniel se getuienis deur hier te klik joydigitalmag.com/afrikaans2/daniel-du-toit-n-jong-evangelis-vuur-en-vlam-vir-christus/

Besoek www.takethenations.com om uit te vind hoe jy deel kan wees om hierdie groot oes in te bring!

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


17 November 2020

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.