Bron: International Christian Concern

Twee Chinese predikante van die swaar vervolgde Zion-kerk in Beijing is op 28 April weens onbekende redes in hegtenis geneem.

Die voorganger Qie Jiafu is volgens International Christian Concern onverwags by sy huis in hegtenis geneem en geboei. Ds. Huang Chunzi is op dieselfde dag ook in hegtenis geneem. Die gesinne van die predikante is eers dae later oor die arrestasies ingelig.

Jiafu se vrou is twee dae later in kennis gestel van haar man se inhegtenisneming. Sy het ’n oproep uit die gevangenis ontvang om te sê dat haar man tronkstraf van tien dae moes uitdien. Die presiese rede vir die arrestasie en aanhouding is onbekend. Meer as drie dae ná Chunzi se inhegtenisneming is haar familie gekontak. Haar gemeente en Jiafu se gemeente was in noue samewerking met mekaar.

Die kerke vra vir gebed vir hul predikante. Hulle bid dat Huang die krag sal ontvang om haar tronkstraf te verduur en dat daar binnekort meer inligting oor haar inhegtenisneming sal volg.


8 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.