(6 Junie 2016)

Die onlangse dood van Winnie Rust (77) wat wreed op 11 Mei in haar huis vermoor is, het nie net Wellingtong geskud nie, maar ook die Christen-gemeenskap van ʼn begaafde skrywer ontneem.

Die Kerkbode beskryf Winnie Rust as “ ʼn oopkop-Christenvrou” wat agtergeblewenes met “groot deernis” probeer help het. 

Rust het onder meer die roman, Martha – ʼn Verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford, geskryf wat handel oor die dogter van ʼn vrygestelde slaaf. Sy is in 2005 vir die Jan Rabie-Rapport-prys benoem vir die roman. Sy het ook Bybelstudiegidse vir vroue en meisies geskryf en van Andrew Murray se boeke in Afrikaans vertaal.


Bron: kerkbode.christians.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.