Deur: Tyler Durden / Activist Post
Bron: www.prophecynewswatch.com

Op ’n Tydstip waar elkeen met ’n draagbare GPS / superrekenaar in hul sake rondloop, behoort dit glad nie ’n verrassing te wees dat die liggingsdata (location data) kan help om jou te eniger tyd op te spoor nie.

Maar hoewel dít half te wagte is, is daar nog ’n manier waarop mense dalk nie weet dat hulle hul inligting vrywillig beskikbaar stel nie – deur hulle foto’s.

Dit was die onderwerp van ’n nuwe BBC-verslag, waarin ondersoek ingestel is na presies hoeveel inligting mense verskaf deur hulle foto-metadata – die digitale “vingerafdruk” wat by elke digitale foto wat jy neem, aangeheg is.

Metadata het ’n nasionale probleem geword toe vergelykings tussen twee foto’s van voormalige president Trump in die Walter Reed Mediese Sentrum noukeurig ondersoek moes word om vas te stel of die foto’s vals was of nie, sê die BBC. Metadata het ook daartoe gelei dat owerhede vir John McAfee in 2012 kon aanhou, nadat die foto se liggingsdata onthul het dat hy wel in Guatemala was.

Hierdie data “grawe homself outomaties en parasities by elke foto in,” het die BBC gesê. En hoewel dit nie onmoontlik is om daarvan ontslae te raak nie, besef die meeste mense nie dat dit daar is voordat hulle hul foto’s wyd en syd op sosiale media gedeel het nie.

Hoewel sommige platforms sensitiewe inligting verwyder, soos waar ‘n foto geneem is, doen ander dit nie.

Die instrument het nuttig geword vir polisie-ondersoeke, waar dit dikwels gebruik word om misdadigers op ’n toneel te plaas. Maar die data kan duidelik ook vir slegte doeleindes gebruik word.

En soos die BBC opmerk, is dit nie net die metadata wat in jou foto’s versteek is nie. Dit bevat ook ’n “unieke persoonlike identifiseerder wat elke foto wat jy neem, aan die spesifieke kamera koppel wat gebruik word”.

Lees die volledige artikel by joynews.co.za

Foto slegs ter illustrasie Pixabay.com

13 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.