-deur Michael Swain

Bron: Freedom of Religion South Africa forsa.org.za

29 November 2019

Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), het die Wetsontwerp of Burgerlike Verbintenisse nou tot 7 DESEMBER 2019 vir openbare kommentaar beskikbaar gestel.

Die wetsontwerp is verlede jaar deur die nasionale vergadering in die parlement aanvaar. As dit deur die NRP goedgekeur word, gaan dit na die president om as wet bekragtig te word.

Die wetsontwerp sal ernstige gevolge vir staatsamptenare se reg op godsdiensvryheid hê omdat ‘n huweliksbeampte wat deur die staat aangestel is, nie toegelaat sal word om beswaar aan te teken oor die beëdiging van gay huwelike (op grond van gewete / godsdiens / geloof) nie.

Selfs al het jy voorheen reeds ’n voorlegging oor die wetsontwerp aan die nasionale vergadering gedoen, moet jy dit weer doen (hierdie keer aan die NRP).

Skriftelike voorleggings moet teen Vrydag 7 Desember 2019 ontvang word en kan per e-pos aan gdixon@parlament.gov.za gestuur word. Oorweeg dit om FOR SA se TEMPLAAT VIR VOORLEGGING te gebruik om jou te help om kommentaar te lewer op die bepalings van die wetsontwerp, wat ’n beduidende en negatiewe uitwerking op godsdiensregte sal hê.

FOR SA moedig almal ten sterkste aan om hulle demokratiese reg te gebruik en ’n skriftelike voorlegging aan die parlement te doen.

Oorweeg dit asseblief ook om FOR SA finansieel te ondersteun, want ons is 100% afhanklik van skenkings om ons in staat te stel om voort te gaan met ons mandaat om ons grondwetlike regte op godsdiensvryheid te beskerm en te bevorder.

Jou finansiële ondersteuning is van kritieke belang vir ons voortbestaan!
Klik hier om ’n skenking te maak: forsa.org.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.