-deur Michael Foust

Foto: © 20th Century Fox

Bron: christianheadlines.com

14 Januarie 2020

Die geloofgebaseerde rolprent, Breakthrough, en twee ander geloofsgesentreerde rolprente het Maandag Oscar-benoemings ontvang – ’n seldsame prestasie vir ’n genre wat selde hoofstroomaandag geniet.

Breakthrough (PG) is genomineer vir die Beste Oorspronklike Lied met I’m Standing With You, wat deur Diane Warren geskryf is en gesing is deur Chrissy Metz, wat ook ’n rol in die prent vertolk het.

Twee ander geloofsgesentreerde films – Harriet (PG-13) en A Beautiful Day in the Neighborhood (PG) – het ook Oscar-benoemings ontvang.

Harriet het twee benoemings ontvang: Beste Oorspronklike Lied (Stand Up), deur Joshuah Brian Campbell en Cynthia Erivo en Beste Aktrise (Erivo). Erivo het die hoofrol van Harriet Tubman vertolk.

Tom Hanks is genomineer as die Beste Ondersteunende Akteur vir sy rol as Fred Rogers in A Beautiful Day in the Neighborhood.

Hoewel A Beautiful Day in the Neighborhood en Harriet nie op sommige rolprentwebwerwe as Christelike prente geklassifiseer word nie, is al twee aan Christelike gehore bemark. Breakthrough is daarenteen deur die meeste Hollywood-webwerwe as ’n geloofsgebaseerde rolprent beskou.

Onder die Top-10 groot Christelike rolprente van alle tye wat deur Entertainment Weekly gelys is, het sleg een – The Passion of the Christ – in 2004 , ’n Oscar-benoeming ontvang.

Breakthrough is gebaseer op die ware verhaal van ’n tienerseun wat gesterf het nadat hy deur die ys in ’n dam geval het en 45 minute lank nie asemgehaal het nie. Sy hart het weer begin klop nadat sy ma vir hom gebid het.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.