Bron: cbn.com

Byskrif: Polisie in die hoofstraat van Den Haag. (AP Foto / Phil Nijhuis)

2 Desember 2019

Nederlandse polisie het Saterdag na ’n aanvaller gesoek wat Vrydag drie tieners in Den Haag met ’n mes aangeval het, berig CBN (cbn.com).

Volgens die berig is twee 15-jarige meisies en ’n 13-jarige seun in die hospitaal behandel en later dieselfde dag ontslaan.

Die polisie het gesê dat alle middele tot hulle beskikking gebruik word om die verdagte so spoedig moontlik aan te keer. Videomateriaal van veiligheidskameras in die omgewing word ook bestudeer om die aanvaller te help identifiseer.

Die aanvaller het die drie tieners op straat aangeval te midde van ’n skare mense wat besig was met Swart Vrydag-inkopies

Volgens die berig is die motief vir die mesaanval in Den Haag steeds nie bekend nie en ondersoek die polisie alle moontlikhede.

Die aanval in Nederland het kort op die hakke gevolg van ’n mesaanval in Londen waartydens twee mense gedood is en verskeie beseer is deur ’n man wat later deur die polisie doodgeskiet is. Die polisie in Engeland hanteer die voorval as ’n terreuraanval.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.