-deur Kristen Undset

13 Mei 2019

Tim Tebow en sy verloofde Demi-Leigh Nel-Peters treur ná ’n tragiese verlies in die familie. Die paartjie het oor die naweek die hartseer nuus op sosiale media bekendgemaak, berig die Christian Post.

Tebow en Nel-Peters wat onlangs verloof geraak het, het mekaar ontmoet danksy Nel-Peters se jonger sussie, Franje. Die paartjie het op sosiale media bekendgemaak dat Franje skielik oorlede is.

Volgens Nel-Peters is haar 13-jarige sussie op Saterdag 4 Mei oorlede. In ’n Instagram-boodskap het Nel-Peters Romeine 8:38-39 aangehaal en foto’s van haar sussie geplaas.

Nel-Peters het die boodskappie afgesluit met die woorde in Afrikaans: “Lief jou vir altyd my Sussa en eendag sal ons weer bymekaar wees!”

Tebow het ook ’n boodskap oor die hartseer verlies gedeel. Hy het by ’n foto van hom en Demi saam met Franje, geskryf: “Our loss but heavens gain. So grateful for the hope we have of being reunited with the ones we love through our Heavenly Father. Mr & Mrs. Peters and Demi-Leigh we are praying for you and love you so much.”

Tebow en Nel-Peters het mekaar ontmoet deur Night to Shine, ’n geleentheid wat deur die Tebow Foundation geborg word vir mense met spesiale behoeftes.

“Haar suster het gekwalifiseer en daarom het ons hulle uitgenooi na Night to Shine in Suid-Afrika,” het Tebow op die Today Show gesê. “Ons het daar ontmoet en begin gesels en het nog nooit weer opgehou nie.”

Nel-Peters het gesê Franje is sonder ’n serebellum gebore, die gedeelte van die brein wat motoriese beweging reguleer. Die toestand het Franje se vermoë om te kan loop, praat en verstandelik te ontwikkel, belemmer.


Bron: faithfamilyamerica.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.