27 Maart 2019

Petra Instituut, ’n kinderbediening, het onlangs sy 16de bestaansjaar in De Doorns gevier en dít in ’n tronk!

Hulle het die dorpie se ou tronk omskep in ’n plek waar mense wat met kinders werk en by kinderbedienings betrokke is, uitstekende opleiding ontvang en die lewens van kinders ten goede verander.

Gedurende 1997 het ’n handjievol toegewyde mense vanaf De Doorns na Petra se Witrivierkampus gegaan om die kursus in Basiese Kinderbediening by te woon (dit het toe nog drie maande lank geduur). Die span was onder andere, Bernard Joubert (’n boer) en sy vrou Chris-Marié, Viola Fransman en ds. Deon Koegelenberg.

Die opleiding het uiteindelik gelei tot die stigting van die Petra-kampus in die Wes-Kaap. Opleiding is aanvanklik aangebied in die kerksaal (NG Murray Gemeente) op die dorp, by die kampterrein (Kranskloof) en selfs in Bernard se eetkamer by sy huis!

Die behoefte vir ’n permanente kampus het groter geword. Daar is gekyk na die ou kerksaal en laerskoolgeboue, maar toe stel iemand die ou tronkgebou voor…

Dit was ’n tronk tot in die 60’s, daarna het dit meestal leeg gestaan.

Die tronk voor die verbouing

 

Die munisipaliteit het Petra se aansoek goedgekeur en die hele gemeenskap het kom help, breek, bou, verf, skoonmaak, tuinmaak.

Die gebou is omskep in kamers vir studente, kantore, ’n lesinglokaal en word sedert 2003 as ’n opleidingsinstansie en konferensiefasiliteit gebruik.

Almal het meubels of wit olifante aangedra in die vorm van breekgoed, messe en vurke, gordyne, ’n wasmasjien, ’n yskas, stowe, ens.) Bybelstudiegroepe het kamers geneem en ingerig.

Petra is ’n Christelike bediening wat deur vennootskappe in die Christelike gemeenskap in die Wes-, Noord-, en Oos-Kaap help om die bediening van kinders op te bou. Opleiding word gedoen met kerke of organisasies se eie kurrikulum en die leierskap se goedkeuring. Daar is ook ’n opsie om die opleiding by die kampus in De Doorns te doen oor drie naweke per jaar. Die personeel volg die vordering en navrae van die studente op en gee raad en hulp waar nodig.

Opleiding word op basiese sowel as gevorderde akademiese vlakke aangebied.

Petra bied opleiding:

  • in die aspekte van verhoudingsbou met kinders (F1: Entering the world of children)
  • om kinders geestelik te help groei (F2:Helping children grow spiritually)
  • in hoe gesinne die Here saam kan dien (F3:Entering the world of families)
  • met ’n gespesialiseerde kursus – Saamloop met kinders wat seergekry het (Walking with wounded children).

(Opleidingsmodules voldoen aan SAQA vereistes)

Daar is Petra-bedienings by:

Witrivier (17)

Pretoria (4),

Bloemfontein (1)

Tanzanië (2)

en Wes-Kaap (9)

Volle besonderhede van die opleiding wat hulle bied, is beskikbaar by www.petra.co.za of kontak Sonia Swart by soniaswart@vodamail.co.za


Artikel verskaf

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org