Bron: The Christian Post

Die 7-jarige Chase Poust is die held van die dag. Terwyl hy saam met sy sussie in die St. John’s-rivier geswem het, is sy 4-jarige sussie skielik deur die sterk stroom meegesleur.

Sy pa het agter haar ingespring om te gaan help en Chase beveel om hulp te kry. Chase het dit gedoen deur ’n uur lank te swem om uiteindelik die oewer te haal. “Ek het vir my kinders gesê ek is lief vir hulle, want ek het nie geweet wat die uiteinde sou wees nie,” het die pa, Steven Poust, volgens The Christian Post gesê.

Steven het saam met sy kinders rivier toe gekom om vis te vang. Die kinders kon naby die boot swem. Gelukkig het Chase se sussie ’n reddingsbaadjie aangehad, want dit is verpligtend vir kinders jonger as ses jaar. Omdat Chase ondanks die sterk stroom ná ‘n uur die oewer kon bereik, het hy daarin geslaag om hulpte  ontbied.

’n Uitgebreide soektog met alle moontlike middele is op tou gesit. Die boot is eerste gevind en later 3 km verder gelukkig ook die pa en sy dogtertjie. “Ons is hier danksy God se genade,” het Stephen gesê.


7 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.