Deur: Dr. Arno Van Niekerk

Laat ek dit sommer van die begin af onomwonde stel dat ek altyd Donald Trump se beleids- en bestuursbesluite ondersteun het (waar dit met die Woord van God gestrook het), maar nie Trump se persoonlikheid nie. Ons moet altyd baie versigtig wees om enigeen te verafgod. Waar Joe Biden of enige wêreldleier besluite neem wat God eer, sal ek dit altyd loof en aanmoedig. Laat ons egter ook nie naïef wees nie.

’n Wêreldwye agenda
Daar is beslis ’n wêreldwye agenda wat besig is om toenemend beheer oor die samelewing te verkry. Of jy dit nou vanuit die Ooste waarneem (met Rusland en China se sosiale kredietwaardigheid en die monitor van hulle burgers) of vanuit die Weste (met Amerika en Kanada se kanselleerkultuur – cancel culture), is dit ’n duidelike en wesenlike bedreiging vir vryheid van spraak, godsdiensvryheid en Bybelse beginsels wat as “haatspraak” bestempel word. (Kanselleerpraktyk is die nuwe neiging om steun van openbare figure of maatskappy te onttrek as hulle iets doen of sê wat as aanstootlik of afkeurenswaardig beskou word.)

Twee wêrelde veg met mekaar
Ondanks sy foute, het die Donald Trump-presidentskap blootgelê hoe “Big Tech” (Google, Amazon, Apple, Facebook, en Microsoft) en die media inligting manipuleer om by die liberaal-sosialistiese agenda in te pas. Dit is nou vir almal duidelik dat daar ’n slang in die gras is. Dit stel baie lande, veral dié in Afrika, voor ’n keuse in terme van die pad van ontwikkeling. Gaan ons volgens ’n liberaal-sosialistiese weg “vooruitgaan” of gaan ons volgens Bybelse beginsels ontwikkel? Dit is nou duidelik dat hierdie twee weë in stryd met mekaar is, met betrekking tot hulle proses asook die beplande resultaat.

Kultuuroorloë
Die “kultuuroorloë” sal vanjaar ín en tússen lande verskerp namate Christene oral wakker skrik, opstaan ​​en standpunt inneem vir hulle geloof. Die aanvoerders van die agenda het subtiel groei en ontwikkeling met ’n nuwe humanistiese moraliteit geïntegreer en dit is grotendeels van Bybelse waardes geskei. Dit is gevaarlik omdat dit ’n sekere soort verandering afdwing en dié uitsluit wat nie “saamwerk” nie.

Onderskeiding is nodig
In die lig van ’n uitgebreide wêreldwye ekonomiese en gesondheids-krisis, vereis hierdie wurggreep (insluitend om entstowwe af te dwing) dat besluite geneem móét word. Hoewel nie alles van hierdie nuwe “ontwikkelingspad” verwerp hoef te word nie, is duidelike onderskeidingsvermoë nodig om ’n ontwikkelingspad te baan wat deur God geïnspireer is en die regte vrug sal afwerp.

Daar lê ’n keuse voor ons
Die tyd is ryp vir die kaf om van die koring geskei te word en vir ons om in die regte rigting, vorentoe te beweeg. Tensy ons op die Rots bou, sal wat ons ook al bou, nie staande bly ​​nie. “As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs” – Psalm 127:1. Die wêreld het ​​voor ’n groot keuse te staan gekom. Die Biden-administrasie beplan om die agenda te volg. Donald Trump het dit bloot gelê. Ons het dus ’n keuse om te maak. Die res van die wêreld volg gewoonlik die koers wat Amerika inslaan, maar ná die Trump-presidentskap het ons ten minste ’n duideliker prentjie van wat die keuse behels. Laat ons nie die hoeksteen, wat deur die bouers van die wêreld verwerp is, ook verwerp nie, maar mag Jesus Christus ons hoeksteen wees. Dan sal ons waarlik floreer – hoewel ons baie weerstand te wagte moet wees.

Ek kies eerder om God se Woord te volg en die weerstand te trotseer, as die verwoesting wat volg op die verontagsaming van Sy Woord. Maak jou keuse vir 2021 en die toekoms!

DR. ARNO VAN NIEKERK is ’n ekonomoom, outeur van GENOEG! Hoekom is ons hier? en medestigter van Project SA en Christian Consensus. Besoek enoughsa.co.za om die boek te bestel. Kontak hom by thestandsa@gmail.com


27 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.