Deur: Far East Broadcasting Corporation
Bron: febaradio.co.za

Liefde dring Rusland binne

Geen persoon kon sinvolle antwoorde bied nadat Covid-19 Rusland in 2020 getref het nie. Selfs ateïsme, wat ’n houvas op die bevolking se ideale het, kon geen hoop vir mense bied nie en baie mense moes op hulle eie, sonder enige hoop en hulp al die krisisse rondom gesondheid, finansies en verhoudings hanteer.

Met die pandemie op sy ergste het talle Russe hulle radio’s aangeskakel en op geloofsgebaseerde programme ingeskakel. Baie het vir die eerste keer na uitsendings van Far East Broadcasting Corporation (FEBC) Rusland geluister en het dit geniet om met die vriendelike omroepers oor God te praat. Rusland se omroepers het luisteraars beraad en leiding gebied, wat daartoe gelei dat talle mense na Christus gedraai het.

Die mense op die voorste linies word nou nog met die tragiese werklikhede soos sterftes en die negatiewe ervaring wat daarmee gepaardgaan, gekonfronteer. FEBC het as die ligdraer toegetree om die hoop weer terug te bring, soos blyk uit die getuienis van ’n dokter wat deurlopend ongevalle moes hanteer.

FEBC se uitsendings was vir haar ’n bron van hoop in die lang maande waar sy Covid-19-pasiënte behandel het;

“Ek kan nie beskryf hoeveel hulp jul uitsendings vir my persoonlik beteken het nie, asook vir ons paramedici. Ons luister elke dag na jul programme en ons voel na elke program aangemoedig, geseënd en opgehef. Nie een van ons het voorheen enige geloof beoefen nie. Ons was nie as sulks ateïste nie, maar ons aandag was nie op God gerig nie. Ons weet nou dat God vir ons omgee en deel is van ons bestaan. Ek bid elke dag tot Jesus en ek weet dat elke nooddienswerker werklik geseën word deur jul programme.”

Rusland se luisteraarsbasis bevat ’n kombinasie van ongelowiges, wat wissel van slegs ’n oppervlakkige belangstelling, tot die wat werklik na geestelike antwoorde soek en Jesus heelhartig wil volg. Dit is waarom die programme deeglik beplan word om die luisteraars se aandag te lok, deur om ’n verskeidenheid van aktuele en Bybel-gebaseerde programme aan te bied — om mense, waar ook al hulle op hul lewenspad is, te bereik.

Die gewildheid van Bybelprogramme wat praktiese lewenslesse leer, het veral tydens die pandemie-tydperk toegeneem. Miljoene luisteraars het ’n behoefte na geestelike waarheid en het besef dat die Bybel in alle opsigte relevant tot hul lewens is — ’n leefwyse wat ongekende verandering kan bring, indien mense hulself oopstel vir God se woord.

’n Omroeper van FEBC Moskou, pastoor Andrey, het gesê; “My program is eenvoudig; ek deel die feite wat die Bybel te sê het oor ons lewens en dan gee ek antwoorde op mense se vrae. Dit is ongelooflik om te sien hoe God se woord die harte van luisteraars verander en genees. Ek het al telkemale gesien hoe God talle mense se lewens deur ons uitsendings red. Dankie dat jy ons help om die lewendmakende woord aan miljoene te kan uitsaai.”

Een van FEBC se kernwaardes is om met luisteraars verhoudings te bou. Dit is waarom ’n hele klomp opwindende, kort multimediareekse oor die volgende paar maande met ongelowiges gedeel gaan word. Die idee hiermee is dat luisteraars God se woord self kan verken en om met plaaslike kerke in verbinding te tree waar leraars gereedstaan om nuwe dissipels van mense te maak.

FEBC Rusland is verder van plan om die bediening uit te brei, deur om vanuit mobiele ateljees in die strate, kafees, op busse en in mense se wonings uitsendings te doen. Hierdie ongewone benadering sal definitief gewild wees onder jongmense wat hou van oorspronklikheid. Deur middel van soortgelyke innoverende idees bring ons radio stasies in Afrika die evangelie met groot vrug, aan duisende mense in stede en dorpies. Voortdurende innovering bly krities indien ons wil voortgaan om miljoene regoor die wêreld aan Christus voor te stel.

*Aangespaste weergawe vanaf febc.org


26 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.