Deur Patrick Goede
Bron: cip.nl

Christine Caine het die hedendaagse kerk veroordeel omdat dit die fokus na gewildheid verskuif het in plaas daarvan om heilig te wees.

Volgens haar word daar nie genoeg plek en tyd ingeruim vir gebed nie. Sy het die kerk ook gewaarsku dat daar geen herlewing sal wees tensy die klem weer op geregtigheid, vreugde en vrede geplaas word nie.

Caine is ‘n suksesvolle skrywer, spreker en stigter van A21, ’n organisasie wat hulle beywer om vroue wat slagoffers van uitbuiting en mishandeling in prostitusie en mensehandel is, te help. Volgens die Christian Post het Caine die stellings gemaak tydens ’n aanlyn onderhoud oor gebed en herlewing.

“Ons het gebed … in die kelder gaan wegbêre. Ek is op ’n missie om gebed daar te gaan uithaal en weer ’n sentrale plek op die podium te gee,” sê Caine. “Ons het ons vir gebed geskaam omdat ons dink dit is nie cool genoeg nie en dat droë ys-rookmasjiene, stoofpyp jeans, tatoeëermerke en mooi beligting beter sal werk. Maar hierdie dinge red nie mense se siele nie.”

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


17 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.