21 Oktober 2019
 Deur Errol Naidoo
Bron: Family Policy Institute

Bybelgelowige Christene is mense met sterk oortuigings. Die Christen-apologeet, Ravi Zacharias, het gesê: “Almal het menings. En dikwels verander mense van mening, maar oortuigings anker jou. En hulle verander nooit nie.”

Ek is oortuig dat gelowiges in Jesus Christus aktief alles moet verafsku wat boos is en vashou aan dit wat die goeie is. Galasiërs 6:9 sê: “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.” Moenie moed verloor nie!

Die Britse staatsman, Edmund Burke, het gesê: “Die enigste ding wat nodig is vir die bose om die botoon te voer, is dat goeie mense niks doen nie.” Dit beteken dat ons ”niks doen nie” die potensiaal het om boosheid in die samelewing te bevorder.

Een van die grootste euwels teen onskuldige kinders is die wêreldwye agenda om hulle te seksualiseer deur middel van radikale indoktrinasieprogramme soos “Comprehensive Sexuality Education” (CSE) – die Omvattende Seksvoorligting-program wat ons regering wil instel.

Die diaboliese agenda van CSE is om kwesbare kinders met die verdorwe seksuele regte-ideologie te teiken sodat die seksuele en gendernorme van die samelewing verander [soos wat reeds sigbaar is].

 

 

Christen-burgers het nie die opsie om “niks te doen” wanneer die regering in vennootskap met wêreldwye seksuele regte-aktiviste doelbewus ouerlike gesag omseil om onskuldige kinders te indoktrineer met die “aborsieregte-kultuur”, genderteorie en seksuele perversie nie.

Benewens die sukses van die FPI / CitizenGo-petisie wat 57 000 handtekeninge teen CSE bekom het, het Family Policy Institute in vennootskap met Family Watch International en die UN Family Rights Caucus ‘n ‘Aanlynbrief’ aan die minister van basiese onderwys opgestel wat sewe kritieke redes verskaf waarom CSE nie in Suid-Afrika geïmplementeer moet word nie. Die feite word deur verifieerbare verwysings, gegewens en navorsing van gerespekteerde instellings gestaaf.

Ons het ook die Protect Children South Africa Coalition gevorm, sodat individuele burgers, kerke en organisasies by die koalisie kan aansluit en die ‘Aanlynbrief’ aan die minister van basiese onderwys kan onderskryf.

Kyk asseblief hier na die 3-minute-lange video deel ook die video-waarskuwing via sosiale media.

Ons het ’n miljoen handtekeninge nodig en duisende organisasies en kerke om by die koalisie aan te sluit om ’n kragtige boodskap aan die regering oor te dra: Die meerderheid van die burgers is gekant teen CSE – skrap dus die implementering daarvan in Suid-Afrika!”

CSE

 

Ek sal die brief tesame met julle handtekeninge op 30 November 2019 aan die minister van basiese onderwys oorhandig. Ons beplan tans ’n openbare massa-optog na die parlement om die aandag te vestig op die feit dat die regering beplan om CSE in 2020 in openbare skole te implementeer sonder die medewete en toestemming van die ouers. Dit is iets wat nie geduld kan word nie!

Help ons asseblief deur hierdie skakel aan jou familie, vriende, kerklede en werkskollegas te stuur. Spoor hulle aan om die “Aanlynbrief” te onderteken en deur te stuur na hul netwerke. Daar is meer as ’n miljoen Christen-burgers in SA. Saam kan en moet ons onskuldige kinders teen seksuele indoktrinasie beskerm.

Jy sal vir seker nie aktiviste ten gunste van aborsie en vrye seksuele regte onbeperkte toegang tot jou kinders gee om hulle te leer hoe om met hoë risiko-seksuele gedrag te eksperimenteer en hul geslag na willekeur te verander nie. Maar dit is wat CSE doen! Dit bied wêreldwye seksuele regte-radikale aktiviste direkte toegang tot Suid-Afrikaanse kinders – en ignoreer die regte en gesag van ouers om hul kinders se opvoedkundige standaarde en waardes te bepaal.

Voeg vandag jou naam by die “Protect Children South Africa Coalition” en onderteken die ‘‘Aanlynbrief’ aan die minister van basiese onderwys. Moedig asseblief almal in u netwerk aan om vandag aan te sluit en te teken.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.


VRYWARING: 
Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.