Deur: ICC (International Christian Concern)
Bron: www.persecution.org

Die owerhede in Laos se Saravan-provinsie het onlangs sewe Laotiese Christene uit hul huise verdryf omdat hulle geweier het om van hul geloof af te sien. Die Christene word nou gedwing om in die nabygeleë woude te woon.

Ondanks die onlangse poging van die Lao-regering om ’n wet vir die “beskerming ” van Christene te bevorder, word daar dikwels nie ten volle in landelike gebiede hieraan gehoor gegee nie.

In gesprek met Radio Free Asia (RFA) het ’n anonieme bron berig dat die uitgesette Christene lede van twee gesinne is uit die dorp Pasing-Kang, in die suide van die land. Hulle het geen ander keuse as om in ’n klein hutjie in die woud te woon nie. Hulle het geen kos of klere nie en weet nie waar om vir hulp te gaan aanklop nie.

Volgens Asia News laat die dorpsowerhede nie toe dat familielede of ander mense die Christene help nie. Hul familielede is te bang en vrees dat hulle ook uit hul huis gesit sal word as hulle die slagoffers durf help.

’n Lid van die Lao Evangelical Church het aan RFA gesê dat sy kerk die situasie fyn dophou.

“Ons probeer ’n oplossing vind vir hierdie onregverdige behandeling,” het hy gesê en bygevoeg dat dit hartseer is om te sien dat Christene steeds in Laos mishandel word, ondanks die feit dat die nasionale wetgewing verlede jaar verander is om Christene te beskerm.

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


26 Oktober 2020
Foto slegs ter illustrasie (Pixabay.com)

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.