Bron: Evangelical Focus

In Kuba het mense in hulle hordes die strate ingevaar. Die betogings is die gevolg van ’n ernstige ekonomiese krisis wat deur die koronamaatreëls veroorsaak is. Christene in die land praat selfs van ’n humanitêre krisis en vra om gebed. “Bid dat God ons van ’n bloedbad sal red,” haal Evangelical Focus hulle aan.

Die betogings, wat verlede Sondag begin het, is nie ‘n algemene gesig in die kommunistiese land nie. President Miguel Díaz Canel het ’n beroep op sy aanhangers en ondersteuners gedoen om die betogers te soek en te konfronteer. Daarom is baie Christene se kommer oor ’n bloedbad.

Daar is ’n voedseltekort in die land en die hospitale is oorvol. Moisés de Prada, hoof van die Pinksterkerk in die land, praat van ’n “chaotiese en oorverhitte” situasie. “Bid dat God ‘n bloedbad sal voorkom. Daar is te min entstowwe, baie mense sterf en die dokters is moeg. In elke provinsie vaar mense die strate in, die Kubane kan die onderdrukking nie langer verdra nie.”


15 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.