Foto:  Getty images/stock photo

Bron: christianpost.com

26 Junie 2020

Christene in Iran help hul Moslem-bure tydens die koronakrisis, ondanks die gevaar dat hulle in hegtenis geneem kan word. Die Christian Post het met die direkteur van Geopende Deure Amerika, David Curry, gesels oor die vervolging van Christene in Iran tydens die krisis.

Naasteliefde werp vrugte af
“Dit het begin deur geld en tyd aan bure te gee wat hulp nodig gehad het weens die verlies aan inkomste gedurende die pandemie,” het Curry gesê. Hy verduidelik dat hierdie klein gebare van naasteliefde uitgebrei het tot georganiseerde hulpleniging deur plaaslike kerke.

Christene die minderheid in Moslem-samelewing
“Die kerk dien as ’n plek waar mense vir versorging en vriendskap byeen kom in die Moslem-samelewing waar Christene ’n minderheid is,” sê Curry. Iran is negende op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar Christene vervolg word.

Die ondergrondse kerk
As ’n kerk hulp aanbied, is dit in Iran nie sonder sy gevare nie. Volgens SDOK, ’n organisasie wat die ondergrondse kerk bystaan, word weinig kerke in die land geduld of toegelaat. Dus vergader Christene in die geheim in huise. Om dit te organiseer, wissel hulle gereeld die groepe se samestelling, plek en tyd af.

Stel hulself in gevaar
“Dit is verbasend om te sien hoe die Iranse kerk hul aanlynnetwerk omskep om ook fisiek ’n hulpnetwerk te word in ’n gebied waar dit nie sonder risiko’s is nie,” het Curry gesê.

Die Christene stel nie net hul gesondheid in gevaar nie, maar ook die vryheid van Christene wat hul geloof in die openbaar beoefen.

Lees die volledige artikel hier


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.