Bron: morningstarnews.org

’n Bende mans, gewapen met byle en stokke, het ’n diens by ’n huiskerk in Sentraal-Indië ontwrig en die Christene aangerand en gedreig omdat hulle van hul stam se afgodediens afstand gedoen het, het bronne gesê.

Agt Christene is beseer en vyf van hulle is in die hospitaal opgeneem, waaronder twee vroue en die predikant wat kopbeserings opgedoen het en ’n ontwrigte skouer gehad het. Die aanval het op 8 Maart in die dorpie Surguda, van die Bastar-distrik plaasgevind.

Die Metodistekerk se pastoor, mnr. Baghel, wat in ’n nabygeleë dorp woon, en 20 ander Christene uit omliggende gebiede het na die huis van Jaggu Kashyap gegaan vir die byeenkoms met die enigste drie Christen-gesinne wat in die dorpie Surguda woon. Vyf van die Christene wat aangeval is, het kopbeserings opgedoen.

Kashyap, die 55-jarige eienaar van die huis, het ook ernstige kopbeserings opgedoen.

Na die aanval het die gepeupel 10 tot 12 Bybels, gesangeboeke en huishoudelike besittings, waaronder stoele, ’n tafel en ’n mat, buite opgestapel en aan die brand gesteek, het die predikant gesê. Hulle het ook nege motorfietse en vier fietse beskadig, bande geskeur, bedrading uitgetrek en glasonderdele gebreek.

Teen Maandag (22 Maart) het die polisie nog geen arrestasies gemaak nie.


25 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.