Foto: Billy H.C. Kwok / Getty Images
21 Oktober 2019
Deur Tré Goins-Phillips
Bron: www.faithwire.com

Terwyl die betogings in Hongkong voortwoed, het ’n groep Christene betrokke geraak as bemiddelaars in die hoop om vrede te bring te midde van die geweld.

Onder leiding van pastoor Roy Chan kom lede van die Good Neighbour North District Church elke dag byeen en gaan na die voorste linies van die oproerigheid wat tans in Hongkong se strate woed.

Die betogers dring aan op demokrasie en is voortdurend betrokke in gewelddadige konfrontasies met die polisie en ander burgerlikes.

Chan se doelwit, het hy aan die BBC gesê, is om uit te gaan en die ‘kinders’ te bewaak.

“In hierdie periode [van betogings] het ons kerk die Protect the Children-operasie begin,” het Chan verduidelik. “Ons dra hierdie geel baadjies en sprei uit na verskillende plekke waar daar betogings aan die gang is. Waar daar konflik is, probeer ons as bemiddelaars optree, hetsy dit tussen die burgerlikes en die betogers is of tussen betogers en die polisie.”

“As ’n Christen, is dit wat ek kan doen vir die samelewing, en vir God.”

Terwyl hul oorkoepelende doelwit is om vrede te bewerkstellig, is een van hul onmiddellike doelwitte om te verhoed dat jong mense beseer word. “Slaan ons, moenie die kinders slaan nie,” het Chan gesmeek.

Volgens die leraar vorm die groepe vrywilligers “ ’n menseketting” in die hoop om die tussen die polisie en betogers te staan en gewelddadige konfrontasies te ontlont. Die groep bestaan ​​uit ouers, ouer gemeentelede en tieners wat ‘almal saamwerk’,” het Chan verduidelik.

Christene het ’n groot rol gespeel in die betogings in Hongkong.

Teen die einde van Augustus het pro-demokrasie-betogers die nuus gehaal toe Christen-betogers te midde van al die geweld die geestelike lied van 1974 begin sing het: “Sing Halleluja to the Lord” .

Met verloop van tyd het die lied ’n volkslied geword, nie net van aanbidding nie, maar ook van solidariteit met die mense van Hongkong wat vir vryheid standpunt inneem.

Bid asseblief vir Hongkong, vir die pro-demokrasie-betogers, vir die gelowiges wat godsdiensvryheid wil verseker en ook vir die in gesagsposisies.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.


VRYWARING: 
Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.