Bron:  Christian Post

Die Amerikaanse gospelkunstenaar en aanbiddingsleier, Mackenzie Morgan, het haar uitgelaat oor wat volgens haar “heidense leringe” is van Bethelmusiek, Elevation en Hillsong Worship.

Morgan se betoog is wyd en syd op sosiale media gedeel. “Dit is tyd dat ons na die Skrif kyk om te ontdek wat God se bedoeling met aanbidding is,” het die sangeres aan die Christian Post gesê.

Die aanbiddingsleier het Christene aangemoedig om die teorieë agter aanbiddingsmusiek te ondersoek. “Moenie dit met jou tradisies of wat jy dink reg is, vergelyk nie. Vergelyk dit met die Skrif. Die Bybel is die finale gesag – nie ek nie, nie jou predikant nie, nie die wêreld nie, net God en sy Woord. Daar is geen grys areas in God se Woord nie. ”

Morgan wys daarop dat daar te veel probleme in populêre aanbiddingsmusiek is om op te noem, maar het uitgebrei oor ’n aantal van hierdie “problem”.

“Die voorganger van die Elevation Church, Steven Furtick, glo byvoorbeeld nie dat God ’n drie-enige God is nie, maar dat Hy van “vorm verander”, het Morgan gesê. “My kritiek op Bethel Music is vir my heel duidelik,” gaan Morgan voort in haar video. Bethel Music word gereeld gekritiseer vir die fokus op bonatuurlike manifestasies. Haar kritiek op Hillsong berus hoofsaaklik op die prediking van die “welvaartevangelie”, wat verkondig dat Christene rykdom, gesondheid en sukses sal ontvang wanneer hulle in Jesus glo.

Die aanbiddingsleier is spyt dat sy vroeër liedere van Bethel, Hillsong en Elevation gesing het. “Sodoende het ek deure oopgemaak vir valse leringe,” het Morgan gesê. “Teologie is belangrik. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. ’n Lied moet teologies korrek wees om die heiligheid van ons God te weerspieël.”


22 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.