Bron: christianheadlines.com

’n Nuwe musiekblyspel het verlede naweek sy debuut in Netflix Top 5-rolprente gemaak en selfs nommer 3 op die lys vir wêreldwye gewildste rolprent gehaal.

Volgens die berig op christianheadlines.com het A Week Away, ‘n geloofsgebaseerde fliek met gewilde Christelike liedjies, die naweek die agtste plek op Netflix se lys vir die gewildste titels in Amerika behaal en het die vierde plek op Netflix se lys vir gewildste films gehaal.

Dit is nog meer indrukwekkend dat A Week Away volgens die webwerf, Whats-On-Netflix.com, derde plek op die wêreldwye lys van gewildste rolprente en televisiereekse gehaal het. Dit het derde plek in Brasilië, vierde in Indië, vierde in Spanje en sesde plek in Duitsland en Nederland gehaal.

Die fliek vertel die verhaal van ’n rebelse tiener wat Christus by ’n kerkkamp ontmoet – en ook in ’n romantiese verhouding betrokke raak .

Dit bevat musiek van Steven Curtis Chapman, Michael W. Smith, Amy Grant en For King and Country. Maandag was die klankbaan in die eerste plek op iTunes se lys van Christelike musiek en 18de op die lys vir “alle genres”.


30 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.