Bron:  Christian Today

Die vierjarige seuntjie van ‘n Christen-ma is verplig om mee te doen aan sy laerskool se “gay pride”-parade. Sy ma. Izzy Montague, het aan die skoolraad verduidelik dat haar seunjie weens hul Christelike geloof nie aan die parade sou deelneem nie, berig Christian Today.

Die seuntjie het nie vrystelling van die Laerskool Heavers Farm, in die suide van Londen, ontvang om nie aan die dag se gebeure deel te neem nie. Montague het besluit om die skool vir direkte en indirekte diskriminasie te dagvaar. Die verhoor sal vandeesweek plaasvind, byna drie jaar ná die voorval.

“Ek het nie eers probeer om die parade teen te staan ​​nie. Ek wou  net  hê dat my seun onderrig moes ontvang in plaas van indoktrinasie,” het Montague gesê. Met die regsgeding wil die moeder bewustheid by ouers skep oor wat kinders in laerskole geleer word. “Ek wil nie hê dat ander ouers dieselfde probleme as ek moet deurmaak nie.”

Montague word bygestaan ​​deur die Christian Legal Centre. Die voorsitter van die organisasie, Andrea Williams, sien hoe soortgelyke gevalle al hoe meer gereeld in Groot-Brittanje  voorkom:  “Dit is ‘n voorbeeld van  die tipe ‘verdraagsaamheid’ wat in ons samelewing toenemend op die voorgrond tree. Die mense wat verdraagsaamheid en diversiteit so luidkeels verkondig, is eintlik nie werklik so geïnteresseerd in  ide beoefening van hierdie verdraagsaamheid teenoor andersdenkendes  nie.  ‘n Sekere agenda word by ons kinders by die skool ingeboesem.  Ouers word die reg ontneem om hul kinders met hul eie godsdienstige en filosofiese oortuigings op te voed.”

Sedert die voorval in 2018 woon Montague se seun nie meer die Laerskool Heavers Farm by  nie. Die skool het die moeder verder teëgesit toe sy ‘n versoek vir die deregistrasie van haar seun ingedien het. Heavers Farm wou nie kommentaar lewer op die saak nie.


16 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.