Deur: Geopende Deure
Bron: cip.nl

Met gebed en vas, is die twee vroulike pastore, Myra* en Lily* verbind tot meer demokrasie in Mianmar.

Myra het elke dag uitgegaan om saam met ander lede van die gemeenskap te betoog teen die militêre staatsgreep ná die onlangse verkiesing. “Ek kon nie stilsit as ons mense betoog en die nuwe regering die stryd aansê nie.”

Lily het aan die anderkant verkies om in die kerk te bly, vol vertroue dat mense ook standpunt vir vrede in Mianmar kan inneem deur te vas en te bid. “Ek smeek in gebed vir die beste vir ons land.”

Pastoor Myra het haar deelname aan die betogings tydelik gestaak omdat dit nou te gevaarlik geword het om uit te gaan. Vanweë die onsekerheid is die kerk se deure tans gesluit, maar die twee vroue kom gereeld saam met ’n paar gelowiges byeen vir gebed en Bybelstudie.

Pastoor Joshua* het ook aanvanklik deelgeneem aan die eerste betogings om demokrasie te ondersteun. Hy het te midde van al die onrus egter die geleentheid gebruik om te evangeliseer. Hy deel byvoorbeeld kospakkies aan almal uit; nie net aan Christene nie, maar ook aan ander wat honger ly en swaarkry as gevolg van die staatsgreep. Baie mense het nie werk nie en het sedert Februarie ‘n tekort aan voedsel en hulpbronne

Soms lei dit tot opwindende situasies. Pastoor Joshua het byvoorbeeld ’n afspraak gehad met ’n paar gelowiges by ’n teewinkeltjie. Tydens hulle ete het daar ongeveer dertig soldate aangekom. Die teewinkel se klante het paniekerig geraak en wou vlug. Pastoor Joshua het hulle gekalmeer en hulle aangeraai om rustig te bly sit. Die soldate het die teewinkel deursoek. Ná ’n geruime tyd het hulle dit verlaat sonder om iemand te beseer of in hegtenis te neem.

Pastoor Joshua het later verneem dat die soldate vier mense in ’n ander teewinkel gearresteer het. “Ons sal nie ons bediening staak nie, ons ervaar God se beskerming,” het hy gesê.

*Name weens veiligheidsredes verander


28 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.