Bron: christianpost.com

Die boek, The Next Jihad, beskryf die werklikheid van die vervolging wat Christene verduur en maak ala4rm oor die volksmoord op Christene in Afrika.

Die Christian Post het met die outeur en pastoor Johnnie Moore gesels oor die boek wat hy saam met rabbi Abraham Cooper geskryf het. “Ons wil mense aanspoor om iets aan die probleem te doen deur hulle genoegsaam in te lig,” het Moore gesê.

Daar is ’n voortdurende toename in geweld teen Christene in Afrika. Die vasteland het verskeie radikale Moslem-groepe wat in lande soos Nigerië, Mali, Burkina Faso en Niger versprei is. Moslem-terroriste brand dorpies af, vermoor die oorwegend Christen-bevolking en ontvoer vroue en kinders.

“Rabbi Cooper het na Afrika gereis om oor die probleem te skryf,” verduidelik die voorganger oor die oorsprong van die boek. Die vervolging in Afrika het hom aan ISIS se terreur en die vervolging van Christene in Irak herinner.

“Die volgende djihad is nou aan die gang – en nie net in Nigerië nie. Die lande om Nigerië staar dieselfde terreur in die gesig. Dit is ’n toenemende probleem.”

Daar word gehoop dat die boek die oë van Christene wêreldwyd sal oopmaak en hulle sal aanmoedig om tot aksie oor te gaan.

Klik hier om die volledige artikel te lees

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


19 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.