-deur Steve Warren

Bron: cbn.com

8 Oktober 2019

’n Christen-hoërskoolleerling in Amerika wat deur ’n onderwyser beveel is om die Islamitiese Geloofsbelydenis te herhaal, is weer in die nuus.

Vier jaar gelede het ’n Christen-hoërskoolleerling se onderwyser by die La Plata Hoërskool in La Plata, Maryland, probeer om haar te dwing om die Islamitiese geloofsbelydenis – die Shahada –  neer te skryf as deel van ’n skriftelike werksopdrag. Daar is van haar verwag om neer te skryf dat daar god geen God behalwe die Moslems se god nie en dat Mohammed “die boodskapper van Allah” is.”

Die Wêreldgeskiedenis-kursus het ook materiaal wat studente leer dat “die meeste Moslems se geloof sterker is as die gemiddelde Christen se geloof”.

Caleigh Wood het geweier om die opdrag uit te voer, omdat sy glo dat dit ’n sonde is om verbaal of skriftelik te bely dat daar enige ander god behalwe die Christelike God is.

Skoolbeamptes het geweier dat sy nie meer die kursus volg nie en gevolglik het sy ’n laer persentasie punte vir die kursus ontvang.

Die Thomas More Law Centre (TMLC) het namens die Wood-gesin ’n regsgeding ingedien en verklaar dat die skool die meisie se godsdiensregte geskend het. Die federale distrikshof sowel as die appèlhof het ten gunste van die hoërskool se Islamitiese kurrikulum beslis.

Die TMLC het die saak nou na die hooggeregshof geneem en gevra om te besluit of daar ’n wetlike grondslag bestaan ​​om openbare skole toe te laat om teen die Christendom te diskrimineer en Islam terselfdertyd te bevorder.

Leerling by die skool het met behulp van ‘n Powerpoint-aanbieding ook geleer:

  • Islam is ’n vreedsame godsdiens
  • Djihad is ’n “persoonlike stryd in toewyding aan Islam, en behels veral geestelike dissipline.”
  • “Vir Moslems is Allah dieselfde God as wat in die Christendom en Judaïsme aanbid word.”
  • “Mans beheer vroue se sake” en “regverdige vroue is daarom gehoorsaam.”

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.