30 Junie 2020

Die Christen-groep Frank & i het onlangs ’n liedjie, “Ons sal weer opstaan”, op sosiale media uitgereik waarin hulle doelbewus profeties oor ons land sing.

Kreet in elke Suid-Afrikaner se hart
“Jy bevind jouself gereeld in gesprekke waar mense praat oor die land, die politiek en dan sluit hulle die gesprek af met ’n voorspelling. Wat is joune?” vra Johan Brits, die “i” van Frank & i. “Ons sien ’n land wat weer gaan opstaan. ’n Volk wat afhanklik gaan wees van ons Hemelse Vader … Ons land gaan weer terugkeer na die beste land … ’n land vol diversiteit en liefde. Hierdie lied is ’n kreet in elke Suid-Afrikaner se hart sonder dat hulle dit weet. Ons hoop nie meer nie. Ons weet nou!”

Ons sal weer opstaan
Van die lirieke lui soos volg:

As die vuur in my hart brand

As die passie my binneste verteer

As my stem dit wil uitskree

(En ek weet dat geen mens my sal kan keer)

Wil ek sing oor die toekoms

en hoe ons oor die haat sal triomfeer

Ons sien uit na die opkoms

Van ’n liefde wat oor ons land regeer

 

Deur die pyn en seer

Slaan daar donderweer

Daar’s ’n vuur wat brand

Dis die Vader hand

oor ons land

 

Ons sal weer opstaan

As ’n nasie saam

Ons sal deur dit kom

Suid-Afrika my land 

Kyk gerus hier na die musiekvideo van die lied:

ONS SAL WEER OPSTAAN – Frank and iJy bevind jouself gereeld in gesprekke waar mense praat oor die land, die politiek…

Posted by Frank & i on Tuesday, 23 June 2020

Versprei die lied wyd en syd
Die twee lede van Frank and i, is Johan Brits en Frank Furniss, Christen-liedjieskrywers en –kunstenaars. Hulle versoek dat “hierdie lied wyd en syd versprei word, want ons land het nodig om dit te hoor.”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.