11 September 2019

Bron: Artikel verskaf

Equilibria School of Life is ’n moderne gapjaarskool in Potchefstroom wat ’n opwindende afrondingskursus en loopbaanontwikkelingsprogram vir skoolverlaters bied.

Diè omvattende studieprogram help jongmense om hul nis in die lewe te vind, selfstandig te word en in selfversekerde, verfynde volwassenes te ontwikkel.

Die afrondingskursus bied aan jongmense die ideale geleentheid om te groei in hul volwassenheid, werklik seker te maak van ’n loopbaanbesluit en hulself ten volle toe te rus vir die volwasse lewe.

Die opedag is op 4 OKTOBER en die inligtingsessie begin om 11 uur. Besoekers gaan ook die geleentheid hê om van die koshuise te besoek. Besoek hulle gerus by 34 Esselenstraat, Potchefstroom of kontak hulle vir enige ander navrae: 018 297 0109 | info@equilibriaschool.co.za | www.equilibriaschool.co.za

Die stigter van Equilibria, Hanri de la Harpe het ook Potch Prayer Circles begin. Dié Bidsirkelprojek is met groot entoesiasme deur die geloofsgemeenskap in Potchefstroom ontvang. Dit het vinnig begin uitbrei na ander woonareas in die stad. Daar is tans reeds 12 aktiewe Bidsirkels in Potch gevestig.

Sedert die ontstaan van die gebedsbeweging in Potchefstroom het heelwat ander dorpe en stede begin belangstelling toon om dieselfde strategie in hulle stede te volg. Om ander dorpe te help om van die grond af te kom is riglyne gepubliseer op ’n webblad getiteld SA Prayer Circles ((https://info765239.wixsite.com/saprayercircle).


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.