Bron: Christian Post

Die wêreld se eerste Christelike lugdiens sal volgende jaar sy eerste vlugte begin. Die organisasie, Judah 1, vlieg reeds op ‘n private basis, maar ander partye sal nou ook vlugte kan bespreek. Die direkteur van die lugdiens sonder winsmotief, Everett Aaron, het met die Christian Post gesels oor die doel van die organisasie. “Evangeliste kan nie op ‘n sendingtogte gaan as hulle nie vlugte kan bespreek nie,” het Aaron gesê.

Judah 1 sal kragte saamsnoer met organisasies soos Operation Blessing. Hulle verkondig die Evangelie en bied praktiese hulp in Suid-Amerikaanse lande soos Guatemala, Nicaragua en Honduras. Hierdie lande is onlangs swaar getref deur ‘n orkaan. Daarbenewens werk die Christelike lugdiens saam met Wounded Warrior en Make-a-Wish. Hulle wil vlugte bekostigbaar maak vir organisasies met ‘n hoër roeping.

“Ons sal nie vaste vlugroosters volg nie en ons het nie vaste vlugroetes nie. Dit beteken dat ons, anders as gewone lugdienste, kan vlieg waarheen ons wil, wanneer ons wil,” sê Aaron .

Evangeliste sal wel hul vliegkaartjies moet betaal, maar is vrygestel van die betaling van fooie. Hulle mag byvoorbeeld gratis ekstra bagasie saamneem en hulle betaal geen ekstra koste vir die brandstof van die vliegtuig nie.

Lees die volledige berig hier

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Foto: Judah 1: Everett Aaron
20 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.