-deur Patrick Goede

Bron: cip.nl

10 September 2019

Die orkaan, Dorian, het ’n spoor van vernietiging in die Bahamas agtergelaat. Die dodetal as gevolg van die natuurramp neem steeds toe en staan tans op 44 en daar is bykans 70 duisend mense dakloos gelaat.

Die Christelike hulporganisasie, Samaritan’s Purse, is al byna ’n week lank in die rampgebied en werk hard om hulp te verleen.

Convoy of Hope, nog ’n Christelike organisasie, verskaf ook medisyne, mediese sorg en enige ander vorm van noodhulp aan die mense in die gebied. Hulle het byvoorbeeld 1 500 kg se goedere in die vorm van water, tente, maaltye, luiers en kragopwekkers voorsien.

Samaritan’s Purse het op versoek van die Wêreldgesondheidsorganisasie ’n veldhospitaal met ’n span mediese spesialiste en 40 beddens opgerig. Die bestaande hospitaal is erg beskadig tydens die orkaan. Daar is ten minste nou ’n teater waar tien operasies per dag uitgevoer kan word en daar is ook ’n kraamsaal.

Ongeveer 600 vlugte wat noodleningshulp inbring, land elke dag in die Bahamas. Omdat daar feitlik geen voertuie beskikbaar is na die orkaan nie, is dit moeilik om die goedere by die bevolking te kry.

Elke gebed vir die slagoffers en noodlenigingswerkers is welkom.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.