Bron: cip.nl

In Indië is die Christen-dokter, Sandhya Tiwari, geskors uit die Kill Corona-program. Daarna is Tiwari aangekla vanweë die stelling dat almal wat korona kry, tot Jesus moet bid. Benewens die aanbevole dieet het die dokter ook Christelike pamflette uitgedeel as deel van die program. “Wat is verkeerd daarmee om te sê dat Jesus genees? Ek dwing niemand om hulle te bekeer nie,” het Tiwari in ’n video gesê wat op Twitter versprei het.

Nadat dié video op Twitter geplaas is, is Tiwari by die polisiekantoor ondervra. “Dit is die toestand van godsdiensvryheid. Ons kan in hegtenis geneem word as iemand tot bekering kom.

In Indië geld daar al 50 jaar lank ’n antibekeringswet. Hierdie wet is die maklikste manier om Christene van die reg te ontneem om oor hulle geloof te getuig. Daar mag byvoorbeeld nie oor die hemel of hel gepraat word nie en as daar ná ’n Christelike byeenkoms iets te ete aan Hindoes aangebied word, kan dit ook beskou word as ’n vorm van poging tot bekering.

Die gerug in Indië is dat mense op groot skaal tot bekering kom. Hierdie aanname is nie op feite gegrond nie. Die Christendom beslaan al jare lank slegs 2,3% van die totale bevolking van Indië.


4 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.